Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Blitsbokke vier fees ná hul oorwinning teen Frankryk in die Wêreldbeker-sewestoernooi se eindstryd in Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Ben Nelms, AP)

Sewesrugby

  • Suid-Afrika het ná sy oorwinning by die wêreldreeks in Kanada opgeskuif na die vierde plek op die punteleer.
  1. VSA 113
  2. Nieu-Seeland 106
  3. Fidji 101
  4. Suid-Afrika 89
  5. Engeland 80
  6. Australië 65
  • Die sewende toernooi in dié reeks word vroeg in April in Hongkong gespeel.

Rugby

  • In die Superrugby-reeks is die Crusaders die voorloper op die saamgestelde punteleer.

1 Crusaders 17

2 Bulls 13

3 Rebels 12

4 Hurricanes 13

5 Sharks 11

6 Highlanders 10

7 Waratahs 9

8 Jaguares 9

9 Lions 9

10 Stormers 8

11 Brumbies 7

12 Blues 6

13 Sunwolves 5

14 Reds 1

15 Chiefs 1

Ierland en Frans in aksie tydens die Sesnasies-toernooi. Foto: (AP Photo/Peter Morrison)

Sesnasies

  • Wallis is steeds die voorloper op die punteleer en is onoorwonne ná vier wedstryde.

1 Wallis 16

2 Engeland 15

3 Ierland 14

4 Skotland 6

5 Frankryk 6

6 Italië 0

Varsitybeker

  • Vier wedstryde is gister gespeel.

NWU 32 – 17 UCT Ikeys

Maties 24 – 13 UJ

Shimlas 14 – 27 UP-Tuks

UWC 21 – 38 CUT

Quinton de Kock in aksie tydens Suid-Afrika se derde Eendagwedstryd teen Sri Lanka op Kingsmead in Durban. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika se vierde Eendagwedstryd teen Sri Lanka word môre op St. George’s Park in Port Elizabeth gespeel. Hashim Amla, JP Duminy en Aiden Markram is terug in die Proteas se groep vir die laaste twee wedstryde. Die wedstryd begin om 13:00.
  • Indië en Australië se vyfde eendagwedstryd word môre beslis. Die reekstelling is tans twee elk.
  • In die plaaslike eendagreeks is die Titans die voorloper op die punteleer.

1 Titans 18

2 Warriors 18

3 Dolphins 16

4 Cape Cobras 16

5 Highveld Lions 10

6 Knights 4

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells was daar in die ronde van 64 oorwinnings vir (2) Rafael Nadal en (8) John Isner.

(3) Alexander Zverev is gister deur Jan-Lennard Struff uitgeskakel.

  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus hul wedstryd in die ronde van 16 gewen.
  • By die vrouetoernooi op Indian Wells het (1) Naomi Osaka haar wedstryd in die ronde van 32 gemaklik gewen. (2) Simona Halep is later vandag in aksie.

Justin Harding. Foto: twitter.com/JustinHarding60.

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Justin Harding van Suid-Afrika ná sy oorwinning in die Dakar Meesters na die 52ste plek verbeter.

1 Dustin Johnson

2 Justin Rose

3 Brooks Koepka

28 Louis Oosthuizen      

41 Branden Grace

52 Justin Harding

  • Die SA Ope vir vroue word later die week in Kaapstad gespeel. Gister se kwalifiseringstoernooi is deur Isabella Deilert van Swede gewen.

Atletiek

  • Die IAAF het aangekondig dat die Diamantliga se aantal byeenkomste in 2020 van 14 na 12 gesny gaan word. Die aantal items sal ook van 32 na 24 per byeenkoms verminder word.

Andrea Dovizioso van Italië op sy Ducati tydens die MotoGP- voorseisoense toetsrit op die Sepang-baan in Sepang, Maleisië. (Foto: Vincent Phoon, AP)

Motorwedrenne

  • Ná die eerste Moto GP van die 2019-seisoen is Andrea Dovizioso (Ducati) die voorloper op die punteleer.

1 Andrea Dovizioso (Ducati) 25

2 Marc Marquez (Repsol Honda) 20

3 Cal Crutchlow (LCR Honda) 16

4 Alex RinsTeam (Suzuki Ecstar) 13

5 Valentino Rossi (Yamaha Factory) 11

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Juventus 22:00 Atlético Madrid

Manchester City 22:00 Schalke 04

  • In die Engelse Premierliga is Man City net een punt voor Liverpool op die punteleer.

1 Manchester City 74

2 Liverpool 73

3 Tottenham Hotspur 61

4 Arsenal 60

5 Manchester United 58

6 Chelsea 57

  • In die plaaslike Premierliga spog Pirates en Sundowns albei met 40 punte.

1 Orlando Pirates 40

2 Mamelodi Sundowns 40

3 Cape Town City 39

4 Bidvest Wits 38

5 SuperSport United 38

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gollie ·

Sewes rugby net ‘n mors van geld,hoekom nie by 15 tal speel nie.

PR ·

Gollie die antwoord is baie eenvoudig. Sewes is mooi, aanskoulik, spelers leer nuwe skills wat hulle later in 15 man rugby gebruik. Hoe kan dit geld mors wees? Kyk hoe vol sit die pawiljoene, 2 dae van internasionale pret en groot inkomste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.