Vandag se sportnuus

Belinda Bencic (Foto: BNP Paribas Open)

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells was daar in die ronde van 32 oorwinnings vir (2) Rafael Nadal en (7) Dominic Thiem. (1) Novak Djokovic is egter deur Philipp Kohlschreiber met 6-4 en 6-4 uitgeskakel.

Later vandag speel (4) Roger Federer teen die ongekeurde Stan Wawrinka.

  • In die dubbelspel is Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus deur na die laaste 8.
  • By die vroue-toernooi op Indian Wells het (1) Naomi Osaka ook pak gekry. Belinda Bencic het haar in skoon stelle uitgeskakel. (2) Simona Halep is reeds deur na die ronde van 8.

Superrugby

  • Die Sharks se senter, Jeremy Ward, is vir vyf wedstryde geskors ná ʼn gevaarlike duikslag tydens die wedstryd teen die Bulls.
  • Steven Kitshoff is gereed om sy terugkeer vir die Stormers te maak ná sy besering. Dit lyk egter of die ander loskop, Ali Vermaak, se besering hom vir ʼn tyd op die kantlyn gaan hou.
  • Die skeidsregters vir komende naweek se wedstryde is aangewys. Dit sluit in dat Jaco Peyper die Stormers en Jaguares wedstryd sal beheer. Egon Seconds sal die fluitjie hanteer in die kragmeting tussen die Lions en die Rebels.
  • Die Veteraan Springbok, Francois Louw, het vir die negende jaar ʼn kontrak met Bath gesluit en sal weer in die Engelse Premierliga in aksie wees.

Sesnasies

  • Drie wedstryde word Saterdag

Italië 14:30 Frankryk
Wallis 16:45 Ierland
Engeland 19:00 Skotland

Varsitybeker

  • Op die jongste punteleer is Maties steeds gemaklik voor.

1 Maties 28
2 UP-Tuks 24
3 NWU 19
4 Shimlas 15
5 UCT Ikeys 11
6 CUT 9
7 UJ 7
8 Wits 7
9 UWC 0

Krieket

  • Suid-Afrika se vierde Eendagwedstryd teen Sri Lanka word vandag op St. George’s Park in Port Elizabeth gespeel. Hashim Amla is deernisverlof toegestaan met sy vader wat baie siek is en Reeza Hendricks is weer terug in die groep. Die wedstryd begin om 13:00 en Suid-Afrika behoort die krane oop te draai omdat hulle reeds die reeks gewen het.
  • Indië en Australië se vyfde en beslissende eendagwedstryd word vandag afgehandel. Die reekstelling is tans twee elk.
  • Nieu-Seeland het die tweede toets teen Bangladesj in Wellington met ʼn beurt en 12 lopies gewen.
  • In die plaaslike eendagreeks word daar vandag een wedstryd gespeel.

Titans 13:30 Cape Cobras

Gholf

  • In Amerika begin die Spelers-kampioenskap môre op TPC Sawgrass in Florida. Net drie Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Hulle is Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen en Branden Grace.
  • In die Europese-reeks slaan die spelers môre af in die Kenia Ope in Nairobi.
  • Die SA Ope vir vroue begin môre in Kaapstad.

Motorwedrenne

  • Werktuigkundiges besig met Valtteri Bottas van Finland se motor (AP Photo/Joan Monfort/FILE)

    Lewis Hamilton se aanslag op ʼn sesde Formule Een-titel begin komende naweek. Die eerste wedren van 2019 se Formule Een-reeks word in Melbourne aangebied. Sebastian Vettel en Ferrari glo egter hulle kan hierdie jaar Mercedes die loef af steek.

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga was daar gister twee wedstryde gespeel.

Juventus  3 – 0 Atlético Madrid
Manchester City 7 – 0 Schalke 04

  • In die Engelse Premierliga is Man City net een punt voor Liverpool op die punteleer.

1 Manchester City 74
2 Liverpool 73
3 Tottenham Hotspur 61
4 Arsenal 60
5 Manchester United 58
6 Chelsea 57

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand voltooi.

Maritzburg United 1 – 2 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rupert Ashford ·

Is die skeidsregter Egon Seconds dieselfde een as die eertydse 7s speler?

pieter ·

Egon het van 2003 tot 2008 vir die WP, Stormers asook Griekwas Superrugby en in die Curriebeker gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.