Vandag se sportnuus

Quinton de Kock in aksie. Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Krieket

  • Suid-Afrika se vierde eendagwedstryd teen Sri Lanka is gister op St. George’s Park in Port Elizabeth gespeel.

Sri-Lanka 189 (Anrich Nortje het 3 paaltjies geneem)

Suid-Afrika 190/4 (Quinton de Kock het sy vyfde agtereenvolgende vyftigtal in eendagkrieket aangeteken, naamlik 51 lopies)

Suid-Afrika wen met 6 paaltjies en loop met 4 – 0 voor in die reeks van vyf wedstryde.

  • Indië en Australië se vyfde en beslissende eendagwedstryd is in Delhi voltooi.

Australië 272/9

Indië 237

Australië wen met 35 lopies en palm die reeks met 3 – 2 in.

  • In die plaaslike eendagreeks is gister een wedstryd gespeel.

Cape Cobras 151

Titans 155/0

Die Titans wen met 10 paaltjies

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek afgehandel. Die Bulls en die Sharks het egter die naweek ʼn loslootjie. Die Bulls het intussen aangekondig dat talle spelers se kontrakte aan die einde van dié seisoen gaan verval.

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Môre

Chiefs 08:35 Hurricanes

Brumbies 10:45 Waratahs

Stormers 19:10 Jaguares

Daar is vier veranderinge aan die Stormers se span gemaak. Die voorspelers Steven Kitshoff, Scarra Ntubeni en Juarno Augustus sal almal hul eerste wedstryde van die seisoen speel.

Saterdag

Sunwolves 06:15 Reds

Highlanders 08:35 Crusaders

Lions 15:05 Rebels

  • Engeland se senter, Manu Tuilagi, het ʼn aanbod van die Franse klub Racing 92 van die hand gewys en weer ʼn nuwe kontrak met die Leicester Tigers geteken.

Sesnasies

  • Drie wedstryde word Saterdag

Italië 14:30 Frankryk

Wallis 16:45 Ierland

Engeland 19:00 Skotland

Angelique Kerber (Foto: Wimbledon, Twitter)

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells was daar in die ronde van 16 oorwinnings vir (2) Rafael Nadal asook (4) Roger Federer.
  • In die dubbelspel is Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus in die kwarteind in drie stelle uitgeskakel.
  • By die vroue-toernooi op Indian Wells sal (8) Angelique Kerber in die kwarteind teen die ongekeurde Venus Williams speel.

Gholf

  • In Amerika begin die Spelers-kampioenskap vandag op TPC Sawgrass in Florida. Tiger Woods sal ook in aksie wees nadat hy verlede week met ʼn seer nek gesukkel het.
  • In die Europese reeks slaan die spelers vanoggend af in die Kenia Ope in Nairobi. Agt Suid-Afrikaners is in aksie. Dit sluit Justin Harding, Bryce Easton en George Coetzee in.
  • Die SA Ope vir vroue begin vanoggend in Kaapstad. Lejan Lewthwaite gaan probeer om ook dié toernooi in te palm nadat sy reeds die Meesterstoernooi vroeër vanjaar gewen het. Dié toernooi word by die Westlake Gholfklub gespeel.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-reeks van 2019 begin komende naweek wanneer die eerste wedren Sondag in Melbourne gejaag word. Die eerste oefenrondes vind môre plaas terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word.

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga het Liverpool en Barcelona na die kwarteindstryd deurgedring.

Bayern München 1 – 3 Liverpool

Barcelona 5 – 1 Olympique Lyonnais

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand voltooi.

Baroka 0 – 1 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.