Vandag se sportnuus

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Superrugby

  • Die eerste drie wedstryde van die naweek word reeds vandag gespeel.

Vandag

Chiefs 8:35 Hurricanes

Brumbies 10:45 Waratahs

Stormers 19:10 Jaguares

Môre

Sunwolves 06:15 Reds

Highlanders 08:35 Crusaders

Lions 15:05 Rebels (Marvin Orie sal terug wees op slot vir die Lions.)

Sesnasies

  • Drie wedstryde word môre in die laaste ronde van dié kompetisie gespeel.

Italië 14:30 Frankryk

Frankryk het ses veranderinge aan sy span gemaak. Paul Willemse sal op slot vir die Hane uitdraf.

Wallis 16:45 Ierland

Wallis spog tans met 13 oorwinnings agtereenvolgens.

Engeland 19:00 Skotland

Tommy Seymour, Blair Kinghorn en Stuart Hogg sukkel almal met beserings en sal nie vir Skotland teen Engeland opdraf nie.

  • Intussen het Sesnasies aangekondig dat hulle ʼn aanbod oorweeg van die voormalige Formule Een-eienaars, CVC Capital Partners, wat belangstel om ʼn aandeel te bekom in dié kompetisie.

Quinton de Kock. Foto: Cricinfo.

Krieket

  • Suid-Afrika se vyfde en laaste Eendagwedstryd teen Sri Lanka word môre op Nuweland in Kaapstad gespeel. Die wedstryd begin om 13:00. Suid-Afrika loop met 4-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • In die plaaslike eendagreeks word daar vandag twee wedstryde gespeel.

Warriors 13:30 Knights

Dolphins 13:30 Titans

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells is (2) Rafael Nadal, (4) Roger Federer asook (7) Dominique Thiem vandag in die kwarteind in aksie.
  • By die vrouetoernooi op Indian Wells het (6) Elina Svitolina na die halfeind deurgedring waar sy teen die ongekeurde Bianca Andreescu sal speel.

(8) Angelique Kerber sal teen (23) Belinda Bencic te staan kom in die ander halfeind.

Louis de Jager (Foto: SA Ope/Twitter)

Gholf

  • In Amerika is die Spelerskampioenskap se eerste ronde op TPC Sawgrass in Florida byna afgehandel.

1 Tommy Fleetwood -7

Keegan Bradley -7

3 Byeong Hun An -6

Brian Harman -6

5 Rory McIlroy -5

Vaughn Taylor -5

Ryan Moore -5

8 Rory Sabbatini -4

35 Tiger Woods -2

  • In die Europese reeks is die Kenia Ope se eerste ronde in Nairobi afgehandel.

1 Louis de Jager -7

Jack Singh Brar -7

3 Gaganjeet Bhullar -6

4 Michael Hoey -5

Adri Arnaus -5

6 Christiaan Bezuidenhout -4

  • Die SA Ope vir vroue het gister by die Westlake Gholfklub in Kaapstad begin.

71 – Lina Boqvist (SWE), Sarah Schober (OOS)

72 – Lee-Anne Pace, Silvia Banon (SPA), Julia Engstrom (SWE)

73 – Kelsey Macdonald (SKO), Michele Thomson (SKO), Noemi Jimenez Martin (SPA), Lydia Hall (WAL), Kajal Mistry (AMA), Astrid Vayson de Pradenne (FRA), Pasqualle Coffa (NED)

Sebastian Vettel van Duitsland in aksie in sy Ferrari tydens die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan in Bakoe (29 April 2018). Foto: AP Photo/Luca Bruno

Motorwedrenne

  • Die eerste wedren van die Formule Een-reeks van 2019 word Sondag in Melbourne gejaag. Tien spanne met twee renjaers elk sal vanjaar in aksie wees. Die wedren begin om 07:00 Sondag Suid-Afrikaanse tyd.

Atletiek

  • ASA het twee nuwe reekse. Dié baan- en veldreeks asook ʼn veldloop- Grand Prix sal aanstaande maand begin.
  • Die Varsitybeker word vandag in Potchefstroom voortgesit. Die verdedigende kampioen is die span van Tukkies wat sedert 2016 die trofee elke jaar verower het. Pukke is egter ná die eerste twee byeenkomste van 2019 die voorloper met UJ in die tweede plek en Tukkies derde.

Sokker

  • In die FA-beker word daar môre drie wedstryde afgehandel.

Watford 14:15 Crystal Palace

Swansea City 19:20 Manchester City

Wolverhampton Wanderers 21:55 Manchester United

  • In die plaaslike Premierliga word daar vandag drie wedstryde gespeel.

SuperSport United 20:00 Kaizer Chiefs

Bloemfontein Celtic 20:00 Wits

Cape Town City 20:00 Polokwane City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.