Vandag se sportnuus

Mercedes-bestuurder Valtteri Bottas van Finland (regs) lei die groep tydens die begin van die Australiese Formula 1 Grand Prix in Melbourne, Australië (Foto: AP Photo/Rick Rycroft)

Sesnasies

  • Wallis is as die 2019 Kampioene gekroon toe hulle vir Ierland Saterdag met 25 – 7 verslaan het. Daarmee het Wallis ook ʼn Grand Slam in die kompetisie behaal deur ál hul wedstryde te wen. Dit was Wallis se veertiende oorwinning in ʼn ry.

Wallis 25 – 7 Ierland
Engeland 38 – 38 Skotland
Italië 14 – 25 Frankryk

 Superrugby

  • Daar is vyf wedstryde die naweek gespeel.

Lions 36 – 33 Rebels
Sunwolves 31 – 34 Reds
Stormers 35 – 8 Jaguares
Brumbies 19 – 13 Waratahs
Chiefs 23 – 23 Hurricanes

Varsitybeker

  • Vier wedstryde word vandag afgehandel.

Wits 16:45 UCT Ikeys
UWC 18:30 UJ
CUT 18:30 Shimlas
NWU 19:00 UP-Tuks

Krieket

  • Suid-Afrika het die vyfde en laaste Eendagwedstryd teen Sri Lanka op Nuweland in Kaapstad met 41 lopies (Duckworth Lewis-metode) gewen. Die wedstryd is vroeg gestaak nadat een van die spreiligte ingegee het.

Sri Lanka 225 (Kagiso Rabada 3 paaltjies vir 50 lopies)
Suid-Afrika 135/2 (Aidan Markram nie uit nie op 65)
Die Proteas het daarmee skoonskip in die reeks gemaak en met 5 – 0 geseëvier.

  • Aiden Markram, Anrich Nortje en die paaltjiewagter Sinethemba Qeshile is as nuwe spelers in die Proteas se groep vir die T20-reeks teen Sri Lanka ingesluit.
  • In die plaaslike eendagreeks was een wedstryd vir gister geskeduleer.

Knights 208/5
Dolphins 150
Knights wen met 58 lopies.

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells het die (4) Roger Federer en (7) Dominique Thiem mekaar in die eindstryd gepak. Thiem is as kampioen gekroon na die drie stelle. Die telling was 3 – 6, 6 – 3 en 7 – 5.
  • By die vroue-toernooi op Indian Wells het (8) Angelique Kerber in die eindstryd pak gekry toe die ongekeurde Bianca Andreescu in drie stelle gewen het. Die telling was 6 – 4, 3 – 6 en 6 – 4.

Gholf

  • In Amerika is die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida afgehandel.

1 Rory McIlroy -16 (ʼn Arend op die 17de putjie en ʼn voëltjie op die 18de)
2 Jim Furyk -15
3 Eddie Pepperell -14
Jhonattan Vegas -14

  • In die Europese-reeks is die Kenia Ope in Nairobi afgehandel.

1 Guido Migliozzi -16
2 Adri Arnaus -15
Justin Harding -15
Louis De Jager -15

  • Die SA Ope vir vroue is by die Westlake Gholfklub in Kaapstad afgehandel.

211 Diksha Dagar (IND) 76 66 69
212 Lee-Anne Pace 72 68 72
213 Michele Thomson (SKO) 73 72 68, Esther Henseleit (DUI) 76 67 70
214 Carly Booth (SKO) 74 71 69, Lydia Hall (WAL) 73 71 70

Motorwedrenne

  • Die eerste wedren van die Formule Een-reeks van 2019 is gister in Melbourne gejaag. Mercedes het die wegtrekrooster en ook die wedren oorheers.

1 Valtteri Bottas Mercedes 1:25:27.325
2 Lewis Hamilton Mercedes +20.886
3 Max Verstappen Red Bull +22.520
4 Sebastian Vettel Ferrari +57.109
5 Charles Leclerc Ferrari +58.230
6 Kevin Magnussen Haas +87.156

Atletiek

  • Die Varsitybeker is Vrydagaand in Potchefstroom deur die Pukke gewen. Die Pukke het eerste met 31 277 punte geëindig. Tuks was tweede met 31 087 en UJ derde met 30 870.

Fietsry

  • Die Switserse kombinasie van Nino Schurter en Lars Foster het gister die Proloog by die 2019 Absa Cape Epic gewen. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen Annika Langvad (Den) en haar nuwe spanmaat Anna van der Breggen (Ned) met die louere weggestap. Die Proloog oor 21 km het by die Universiteit van Kaapstad begin en geëindig.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde afgehandel.

Fulham 1 – 2 Liverpool
Everton 2 – 0 Chelsea

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Chippa United 1 – 1 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.