Vandag se sportnuus

Argieffoto: pixabay.com

Rugby

  • Op die jongste wêreldranglys het Wallis opgeskuif na die tweede posisie.
  1. Nieu-Seeland 92.54
  2. Wallis 89.96
  3. Ierland 88.69
  4. Engeland 87.27
  5. Suid-Afrika 84.58
  6. Australië 82.40
  7. Skotland 79.17
  8. Frankryk 79.42
  9. Fidji 77,95
  10. Argentinië 77.05

Sesnasies

  • Op die finale punteleer van 2019 het Wallis met vyf punte voor Engeland geëindig.

1 Wallis 23
2 Engeland 18
3 Ierland 14
4 Frankryk 10
5 Skotland 9
6 Italië 0

Superrugby

  • Op die jongste saamgestelde punteleer is die Crusaders steeds eerste terwyl al vier Suid-Afrikaanse spanne onder die top-agt is.

1 Crusaders 19
2 Bulls 13
3 Rebels 13
4 Hurricanes 15
5 Lions 13
6 Stormers 13
7 Highlanders 12
8 Sharks 11
 
Varsitybeker

  • Vier wedstryde is gisteraand

Wits 30 – 29 UCT Ikeys
UWC 29 – 17 UJ
CUT 38 – 35 Shimlas
NWU 0 – 28 UP-Tuks 

Anrich Nortje Argieffoto: Cricinfo.

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste van drie T20-wedstryde word vandag om 18:00 op Nuweland in Kaapstad gespeel. Aiden Markram, Anrich Nortje en die paaltjiewagter Sinethemba Qeshile is as nuwe spelers in die Proteas se groep vir die T20-reeks teen Sri Lanka ingesluit.
  • In die plaaslike eendagreeks is die Titans steeds gemaklik voor op die punteleer.

1 Titans 28
2 Warriors 18
3 Dolphins 16
4 Cape Cobras 16
5 Knights 14
6 Highveld Lions 10 

Tennis

  • Dominique Thiem is ná sy oorwinning by die Paribas Ope op Indian Wells vierde op die wêreldranglys. Suid-Afrika se Kevin Anderson het uitgeskuif na die sewende plek.

1 Novak Djokovic 10990
2 Rafael Nadal 8725
3 Alexander Zverev 6630
4 Dominic Thiem 4755
5 Roger Federer 4600
6 Kei Nishikori 4235
7 Kevin Anderson 4115

  • Die voorste vrouespeler ter wêreld is steeds Naomi Osaka.

1 Naomi Osaka 5991
2 Petra Kvitová 5550
3 Simona Halep 5457
4 Angelique Kerber 5315
5 Elina Svitolina 5225 

Rory Mcllroy. Argieffoto: Michael Sherman/ANA

Gholf

  • Ná die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida is Rory Mcllroy nou vierde op die wêreldranglys. Suid-Afrika se Justin Harding is nou onder die top 50.

1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Rory McIlroy
27 Louis Oosthuizen
42 Branden Grace
48 Justin Harding 

  • Op die vrouefront begin die Jabra-toernooi môre op Glendower. Dié toernooi is ʼn nuwe toevoeging tot die Sonskynreeks vir vroue. 

Motorwedrenne

  • Ná die eerste wedren in die Formule Een-reeks van 2019 is Valleteri Bottas met agt punte voor Lewis Hamilton.

1 Valtteri Bottas – Mercedes 26
2 Lewis Hamilton – Mercedes 18
3 Max Verstappen – Red Bull 15
4 Sebastian Vettel – Ferrari 12
5 Charles Leclerc – Ferrari 10 

Fietsry

  • Die eerste skof van die Absa Cape Epic, in en om Hermanus, is deur Switserland se Nino Schurter en Lars Forster gewen.

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Anna van der Breggen (Ned) ʼn oortuigende skof-sege behaal. Vandag se tweede skof is van Hermanus na Oak Valley in Elgin oor ʼn afstand van 86 km. 

Argieffoto: Andy03, Pixabay

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool nou met twee punte voor op die jongste punteleer.

1 Liverpool 76
2 Manchester City 74
3 Tottenham Hotspur 61
4 Arsenal 60
5 Manchester United 58

  • In die plaaslike Premierliga is Sundowns twee punte voor Wits.

1 Mamelodi Sundowns 43
2 Bidvest Wits 41
3 Orlando Pirates 40
4 Cape Town City 40
5 SuperSport United 39

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.