Vandag se sportnuus

Kagiso Rabada. Foto: AP Photo/Michael Sheehan

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste van drie T20-wedstryde is gisteraand op Nuweland in Kaapstad gespeel.

Sri Lanka 134/7 (Andile Phehlukwayo 3/25)
Suid-Afrika 134/8 (David Miller 41 lopies)

Die wedstryd het gelykop geëindig waarna die Proteas die Super-boulbeurt met 9 lopies gewen het. (Suid-Afrika teken 14 lopies aan en Sri Lanka antwoord met 5 lopies.)

Die tweede wedstryd van drie word Vrydagaand in Centurion gespeel en die derde Sondagmiddag in Johannesburg.

  • In die plaaslike eendagreeks word een wedstryd vandag afgehandel.

Warriors 13:30 Dolphins (St. George’s Park, Port Elizabeth) 

Atletiek

  • ASA het drie nuwe borge Die SA Baan- en Veldkampioenskapreeks sal in April deur Sizwe Mediese Fonds en 3SixtyLife geborg word. Die o. 18- en o. 20-kampioenskapreeks word deur Twizza geborg. 

Superrugby

  • Die Lions se flank, Kwagga Smith, sal vir ses weke op die kantlyn wees weens ʼn liesbesering. Vincent Tshituka en Andries Coetzee sukkel ook met beserings. Die Lions speel komende naweek in ʼn wegwedstryd teen die Sunwolves in Singapoer.
  • Die Stormers het goeie nuus in Nieu-Seeland ontvang. Eben Etzebeth het sy eerstefase-harsingskuddingtoets geslaag. Die Stormers pak die Hurricanes Saterdag in die Westpac Stadion.
  • Saterdag speel die Bulls tuis teen die Chiefs en die Sharks pak die Rebels. 

Pro14

  • Albei Suid-Afrikaanse spanne speel die naweek in Ulster en die Kings meet Vrydagaand kragte terwyl die Cheetahs Saterdag teen die Glasgow Warriors speel.
  • Die Southern Kings het aangekondig dat Rob Kempson as hul nuwe direkteur van rugby aangewys is. 

Tennis

  • Die Miami Ope word dié week as deel van die ATP-toer asook die vroue se WTA-toer gespeel. 

Nobuhle Dlamini sal in aksie wees tydens die Sonskynreeks vir Vroue se Jabra-toernooi op Glendower. (Foto: Carl Fourie/Sunshine Tour/Gallo Images)

Gholf

  • In Amerika slaan die spelers môre af in die Valspar-kampioenskap in Innisbrook. 
  • In die Europese reeks begin die Maleisiese Ope môre. Dié toernooi word in Kuala Lumpur gespeel. 
  • In die Sonskynreeks pak die spelers mekaar môre in die Toer-kampioenskap op Serengeti. 
  • In die Sonskynreeks vir Vroue begin die Jabra-toernooi vanoggend op Glendower. Randpark se amateur, Kajal Mistry, is een van die gunstelinge nadat sy reeds twee tweede plekke in vanjaar se reeks behaal het. 

Motorwedrenne

  • Vanjaar se MotoGP-reeks se tweede wedren word aanstaande naweek in Argentinië gejaag. Twee weke later sal die renjaers in Austin, Texas, saamtrek vir die Amerikaanse GP. 

Fietsry

  • Die tweede skof van die Absa Cape Epic, van Hermanus na Oak Valley in Elgin, oor ʼn afstand van 86 km, is deur dieselfde spanne as die eerste skof gewen. Switserland se Nino Schurter en Lars Forster het in die mansafdeling geseëvier terwyl die vroue-afdeling deur Annika Langvad (Den) en Anna van der Breggen (Ned) verower is. Vandag se derde skof is in en om Oak Valley oor 103 km. 

Sokker

  • Twee internasionale wedstryd word vandag gespeel.

Wallis 21:45 Trinidad en Tobago
Duitsland 21:45 Serwië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.