Vandag se sportnuus

Argieffoto

Superrugby

  • Sewe wedstryde word dié naweek gespeel.

Vandag

Blues 08:35 Highlanders 

Môre

Hurricanes 08:35 Stormers (Die Hurricanes laat drie spelers rus naamlik Ngani Laumape, Dane Coles en TJ Perenara. Daar is drie veranderinge aan die Stormers se span gemaak. Bongi Mbonambi, Chris van Zyl en Ruhan Nel is weer in die beginspan).

Waratahs 10:45 Crusaders

Sunwolves 12:55 Lions (Die Lions het hul oefening in Singapoer afgelas as gevolg van weerlig. Lionel Mapoe is terug in die no. 12-trui, Stephan Lewies dra die no. 7-trui en Ruan Vermaak no. 8). 

Bulls 15:05 Chiefs (Die Bulls sal sonder Warrick Gelant wees wat sukkel met ʼn skouerbesering).

Sharks 17:15 Rebels (Die Sharks het talle veranderinge aangebring aan hulle span. Die groot verassing is Craig Burden wat ná vyf jaar in die buiteland op die plaasvervangersbank is). 

Sondag

Reds 07:05 Brumbies 

Pro14

  • Sewe wedstryde is vir dié naweek geskeduleer.

Vandag

Connacht 21:35 Benetton Treviso
Edinburgh 21:35 Leinster
Cardiff Blues 21:35 Llanelli Scarlets 

Môre

Ospreys 17:00 Dragons
Ulster 19:30 Kings
Munster 21:45 Zebre
Glasgow Warriors 21:45 Cheetahs 

Quinton de Kock in aksie tydens Suid-Afrika se derde Eendagwedstryd teen Sri Lanka op Kingsmead in Durban. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede van drie T20-wedstryde word vanaand op Supersport Park in Centurion gespeel. Die wedstryd begin om 18:00.
  • Die Indiese Premierliga begin môre.

Môre

Chennai Super Kings 16:30 Royal Challengers Bangalore

Sondag

Kolkata Knight Riders 12:30 Sunrisers Hyderabad
Mumbai Indians 16:30 Delhi Daredevils

  • In die plaaslike eendagreeks is twee wedstryde gister afgehandel.

Knights 186
Cape Cobras 187/3

Cape Cobras wen met 7 paaltjies.

Highveld Lions 304/8
Titans 287/8

Lions wen met 7 lopies.

Môre is al ses spanne vir oulaas in aksie voordat die uitspeel-wedstryde plaasvind.

Warriors 13:30 Cape Cobras
Highveld Lions 13:30 Dolphins
Knights 13:30 Titans 

Tennis

  • Die Miami Ope vir mans en vroue word tans gespeel. In die dubbelspel is Suid-Afrika se (6) Raven Klaasen en Michael Venus vandag in die ronde van 32 in aksie. Dié toernooi duur tot aanstaande naweek. 

Louis Oosthuizen (Foto: Louis Oosthuizen/Facebook)

Gholf

  • In Amerika is die Valspar-kampioenskap se eerste ronde voltooi.

1 Joel Dahmen -5
Sepp Straka -5
3 Russell Knox -4
Kevin Kisner -4
Luke Donald -4
29 Louis Oosthuizen -1 

  • In die Europese-reeks het die Maleisiese Ope gister begin.  

1 Marcus Fraser -7
Nacho Elvira -7
3 Angelo Que -6
Matthias Schwab -6
Jazz Janewattananond -6
7 Dean Burmester -4
   Brandon Stone -4
   Ernie Els -4 

  • In die Sonskynreeks is die Toer-kampioenskap se eerste ronde op Serengeti afgehandel.

1 Keenan Davidse -5
   Jean Hugo -5
3 Philip Eriksson -4
   JJ Senekal -4
   JC Ritchie -4 

  • In die Sonskynreeks vir vroue is die tweede ronde van die Jabra-toernooi op Glendower voltooi.

139 – Anne-Lise Caudal (FRA) 71 68, Nobuhle Dlamini (SWZ) 68 71
143 – Kiera Floyd (AMA) 74 69, Tvesa Malik (IND) 72 71
144 – Symone Henriques (AMA) 74 70
145 – Tandi Mc Callum 79 66, Kim Williams 72 73 

Fietsry

  • Die vierde skof van die Absa Cape Epic was ʼn tydtoets oor 43 km in Oak Valley. Nino Schurter en Lars Forster het die skof gewen en is algeheel net-net agter die voorlopers Manuel Fumic (Dui) en Henrique Avancini (Bra).

In die vroue-afdeling het Annika Langvad (Den) en Anna van der Breggen (Ned) wéér geseëvier.

Vandag se vyfde skof strek oor 100 km met ʼn klim van 2 850 m van Oak Valley na Stellenbosch. 

Sokker

  • Een internasionale wedstryd is gister gespeel.

China 0 – 1 Thailand

  • Bafana Bafana speel Sondagaand in ʼn Groep E-wedstryd in die Afcon-reeks teen Tunisië. Suid-Afrika benodig een punt om sy plek in die Afcon-toernooi in Egipte te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.