Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Krieket

In Suid-Afrika begin die 3de en finale kriekettoets teen Sri Lanka oormôre op die Wanderers. Die Proteas het nou van 4de na 3de opgeskuif op die jongste IKR-ranglys vir toetsspelende lande.

  1. Indië 120 punte
  1. Australië 109
  1. Suid-Afrika 102
  1. Engeland 101
  1. Pakistan 97
  1. Nieu-Seeland 96

T20-krieket

Farhaan Behardien sal die Proteas aanvoer in die eerste twee T20-wedstryde teen Sri Lanka. ʼn Paar spelers rus eers en 6 nuwes is in die groep van 13 opgeneem.

Sunfoil-krieketreeks

Ná die naweek se wedstryde staan sake so op die jongste punteleer:

PosSpanGespeelWVGGUKolfBoulPunte
1Multiply Titans6221121.7418.0064.74
2Hollywoodbets Dolphins6213022.8021.0063.80
3VKB Knights6212116.219.0060.20
4Warriors6222023.4215.0058.42
5Bizhub Highveld Lions6222014.1420.0054.14
6BuildNat Cape Cobras6132016.3218.0044.32

Rugby

England se flank Chris Robshaw gaan nagenoeg 12 weke buite aksie wees nadat hy ʼn skoueroperasie ondergaan het. Die 6 Nasies-reeks begin vroeg in Februarie.

Tydren-nuus

Die 39ste Dakartydren se 7de skof moes verkort na 161 km weens reën en nat omstandighede.

Motorafdeling

Die Fransman Stephane Peterhansel het sy voorsprong oor sy Peugeot-spanmaat Sebastien Loeb vergroot na 1 min. 57 sek. Suid-Afrika se Giniel de Villiers was 3de in die skof.

Motorfietsafdeling

Die Engelsman Sam Sunderland op sy KTM is steeds die algehele voorloper.

Gholf

Op die jongste wêreldranglys beklee 5 Suid-Afrikaners ʼn posisie onder die top-100 spelers.

1Jason Day4110.5667
2Rory McIlroy429.6428
3Dustin Johnson489.3581
4Henrik Stenson478.5561
5Jordan Spieth528.0009

Suid-Afrikaners

18Branden Grace524.2446
24Charl Schwartzel523.6169
26Louis Oosthuizen493.5211
72Brandon Stone521.9054
93Richard Sterne461.5500

Vrouegholfranglys

1Lydia Ko5211.01
2Ariya Jutanugarn587.81
3In Gee Chun547.09

Suid-Afrikaners

53Lee-Anne Pace521.93
138Paula Reto500.79

 Tennis

Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar, die Australiese Ope, begin aanstaande week in Melbourne. Die week se twee voorbereidingstoernooie is in Sydney en Auckland.

Op die jongste manswêreldranglys staan sake so:

1Andy Murray12410
2Novak Djokovic11780
3Milos Raonic5290
4Stan Wawrinka5155
5Kei Nishikori5010

Vrouetennis

Die fokus val die week op twee toernooie, naamlik Sydney en Hobart.

En die vroueranglys lyk so:

1Angelique Kerber8875
2Serena Williams7080
3Agnieszka Radwanska5420
4Simona Halep5257
5Karolina Pliskova4970

Sokker

Cristiano Ronaldo het gisteraand Fifa se beste speler van die jaar-toekenning ontvang.

Leicester City se Claudio Ranieri is as die afrigter van die jaar aangewys ná Leister se fabelagtige premierliga-oorwinning verlede jaar.

Daar is gisteraand een Engelse FA beker-wedstryd gespeel:

Cambridge United   1-2      Leeds United

En in die Engelse Premierliga lyk die jongste punteleer ná 20 wedstryde so:

1Chelsea49
2Liverpool44
3Tottenham Hotspur42
4Manchester City42
5Arsenal41
6Manchester United39

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.