- Ná die naweek se wedstryde is die Crusaders steeds eerste op die algehele punteleer.
1 Crusaders 19
2 Lions 18
3 Waratahs 14
4 Hurricanes 19
5 Sharks 15
6 Stormers 14
7 Bulls 13
8 Rebels 13
9 Highlanders 13
10 Brumbies 11
11 Reds 10
12 Blues 10
13 Jaguares 9
14 Chiefs 8
15 Sunwolves 6
- Die Stormers speel Saterdag teen die Blues. Die slot Eben Etzebeth behoort gereed te wees om sy plek in te neem nadat harsingskudding hom die afgelope naweek op die kantlyn gehou het. Daar is egter ʼn paar ander spelers wie se fiksheid nie na wense is nie.
- Die Sharks-senter, Marius Louw, is uitgewys vir ongeoorloofde spel tydens hul wedstryd teen die Rebels. Die ander senter van die Sharks, Jeremy Ward, is tans op die kantlyn ná ʼn straf van vyf weke aan hom opgelê is.
Pro14
- In Konferensie A is die Glasgow Warriors die voorloper op die punteleer terwyl Leinster die pas aangee in Konferensie B.
- Fidji se seweskaptein, Kalione Nasoko, en Eroni Sau sal aanstaande seisoen in die Pro14 in aksie wees. Albei spelers sal vir Edinburgh diens doen.
Varsitybeker
- Vier wedstryde is gister in ronde agt van dié kompetisie gespeel.
UP-Tuks 26 – 26 UCT Ikeys
CUT 7 – 60 NWU
Wits 74 – 40 UWC
Shimlas 14 – 59 Maties
Krieket
- Pakistan en Australië speel môre in hul derde eendagwedstryd teen mekaar.
- Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Kings XI Punjab het die Rajasthan Royals met 14 lopies geklop.
Vandag speel die Delhi Capitals teen die Chennai Super Kings (16:30).
- In die plaaslike eendagreeks word die eerste halfeindwedstryd môre gespeel.
Titans 13:30 Cape Cobras (SuperSport)
Tennis
- By die Miami Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson teen João Sousa in die ronde van 32 gespeel en met 6–4 en 7–6 geseëvier. (4) Roger Federer is ook deur na die ronde van 16.
- In die vroue-afdeling het (2) Simona Halep vir Venus Williams met 6–3 en 6–3, in die ronde van 16, afgestof. (4) Sloane Stephens en (7) Kiki Bertens is egter uitgeskakel.
Gholf
- Op die jongste wêreldranglys het Louis Oosthuizen na die 20ste plek verbeter.
1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Rory McIlroy
20 Louis Oosthuizen
42 Branden Grace
49 Justin Harding
- Bogenoemde drie Suid-Afrikaners sal môre in die VSA afslaan in die Wêreldgholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi in Austin, Texas.
- In die Sonskynreeks vir Vroue slaan die spelers vandag af in die eerste ronde van die Joburg Ope. Dié toernooi word oor drie rondes beslis en in Soweto gespeel.
Motorwedrenne
- Die toekoms van Formule Een is vandag die fokus van ʼn vergadering van belanghebbendes in Londen. Daar sal veral gekyk word om die sport goedkoper te maak en te vereenvoudig, maar ook om meer opwinding te skep.
En dalk ook die Wêreldskolerugbyfees op Stellenbosch?
En die BULLS is alweer onder van al die SA spanne.
cr, al wat dit wys is hoe gelyk die kompetisie vanjaar is tussen die SA spanne. Dit wys nie dat die Bulle swak is nie. Soos sake nou staan is al vier SA spanne in die kwarteindronde! (Ja, die seisoen is nog lank.)