Vandag se sportnuus

Engeland se Jonny May. Foto: Gareth Fuller/PA via AP

Nasieskampioenskap

  • Wêreldrugby se nuwe voorgestelde kompetisie waaraan die wêreld se voorste lande sal deelneem, kry die wind van voor uit Engeland. Die Engelse Rugbyunie is van mening dat die baie geslaagde Sesnasies-reeks deur veral die promosie-relegasie‑reël benadeel sal word.

Superrugby

  • Ses wedstryde word komende naweek gespeel. Net drie van die Suid-Afrikaanse spanne is in aksie.

Die Lions het ʼn loslootjie terwyl die Stormers weg speel teen die Blues. Drie van die Stormers se slotte sukkel tans met beserings.

Alle oë sal egter op Durban gerig wees waar die Sharks en die Bulls mekaar Saterdag om 15:05 pak. Die Bulls se agtsteman, Duane Vermeulen, het van sy kniebesering herstel en is vir dié kragmeting beskikbaar.

Pro14

  • Hierdie naweek neem die spanne ʼn Die volgende wedstryde word weer aanstaande Vrydag, 5 April, gespeel.

Varsitybeker

  • Ná hierdie week se vier wedstryde is Maties steeds gemaklik voor op die punteleer. Tukkies is tweede en het een wedstryd meer gespeel.

1 Maties 33

2 UP-Tuks 30

3 NWU 24

4 Shimlas 17

5 Wits 16

6 UCT Ikeys 15

7 CUT 14

8 UJ 7

9 UWC 6

Quinton de Kock in aksie. Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Krieket

  • Die Proteas se groep van 15 spelers vir die Wêreldbeker word op 18 April bekend gemaak. Suid-Afrika se eerste wedstryd is op 30 Mei teen Engeland.
  • Pakistan en Australië speel vandag in hul derde van vyf eendagwedstryde teen mekaar. Australië het die eerste twee wedstryde albei met 8 paaltjies gewen.
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Chennai Super Kings het die Delhi Capitals met 6 paaltjies geklop.

Vandag speel die Kolkata Knight Riders om 16:30 teen die Kings XI Punjab.

  • In die plaaslike eendagreeks word die eerste halfeindwedstryd vandag gespeel.

Titans 13:30 Cape Cobras (SuperSport Park)

Aiden Markram, Tabraiz Shamsi en Dale Steyn maak hul terugkeer vir die Titans.

Môre word die tweede halfeind tussen die Dolphins en die Warriors om 13:30 in Durban beslis.

Tennis

  • By die Miami Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson die kwarteindronde bereik deur die ongekeurde Jordan Thompson met 7 – 5 en 7 – 5 te verslaan. (1) Novak Djokovic is egter uitgeskakel.
  • In die vroue-afdeling het (21) Anett Kontaveit die halfeind gehaal deur (27) Hsieh Su-wei in drie stelle uit te skakel.

Louis Oosthuizen (Foto: Louis Oosthuizen/Facebook)

Gholf

  • In die VSA begin die Wêreld‑gholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi vandag in Texas. Die voorste 64 spelers in die wêreld is in 16 groeperings van vier spelers elk ingedeel vir die eerste drie dae. Die wenner van elkeen van die 16 groepe sal die naweek by die uitspeelstryde betrokke wees.

Louis Oosthuizen speel teen Tommy Fleetwood, Kyle Stanley en An Byeong-hun.

Branden Grace is saam met die wêreld se voorste speler Dustin Johnson, Hideki Matsuyama en Chez Reavie ingedeel.

Justin Harding kom te staan teen Rory McIlroy, Matthew Fitzpatrick en Luke   List.

  • In Europa begin die Indiese Ope môre en in die Sonskynreeks slaan die spelers af in die Zambiese Ope.
  • In die Sonskynreeks vir Vroue is die eerste ronde van die Joburg Ope gister in Soweto voltooi.

72 Nobuhle Dlamini (SWZ), Lejan Lewthwaite

73 Casandra Hall, Tvesa Malik (IND)

74 Brittney-Fay Berger

75 Stacy Bregman, Bertine Faber, Lenanda van der Watt

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-reeks asook die MotoGP-reeks word die naweek voortgesit wanneer die tweede wedrenne van die seisoen afgehandel word. In Formule Een word die Bahrain Grand Prix Sondag gejaag terwyl die MotoGP van Argentinië ook Sondag afgehandel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.