Vandag se sportnuus

Die Bulls se kaptein en losskakel, Handré Pollard, is die voorste puntemaker in die reeks. Foto: Facebook.

Superrugby

  • Ses wedstryde word die komende naweek gespeel.

Môre

Hurricanes 8:35 Crusaders

Waratahs 10:45 Sunwolves

Saterdag

Blues 8:35 Stormers

Reds 10:45 Rebels

Sharks 15:05 Bulls

Jaguares 23:40 Chiefs

  • Die Nieu-Seelander Mike Fraser sal Saterdag die fluitjie hanteer in die wedstryd tussen die Sharks en die Bulls in Durban.
  • Die skrumskakels van die Bulls, Embrose Papier en Ivan van Zyl, ruil plekke om in die beginspan. Van Zyl sal op die bank wees. Eli Snyman is terug op slot.
  • Die Sharks-senter Marius Louw is vir drie weke geskors ná ʼn gevaarlike duikslag verlede naweek.

Suid-Afrika se Blitsbokke vier fees ná hul oorwinning teen Frankryk in die Wêreldbeker-sewestoernooi se eindstryd in Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Ben Nelms, AP)

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het ʼn splinternuwe kaptein vir aanstaande week se toernooi in Hongkong. Siviwe Soyizwapi sal Suid-Afrika lei wanneer hulle aanstaande week in die sewende toernooi van die wêreldreeks speel. Suid-Afrika is in groep A saam met Japan, Skotland en Samoa ingedeel.

Varsitybeker

  • Die laaste ronde van die Varsitybeker word Maandag afgehandel waarna die top vier spanne na die halfeindstryd deurdring. Drie spanne is reeds verseker van ʼn plek in die halfeind. Hulle is Maties, Tukkies en die Pukke.

Krieket

  • Australië het Pakistan gister in sy derde van vyf eendagwedstryde met 80 lopies geklop om die reeks met 3-0 te wen.
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Kolkata Knight Riders het die Kings XI Punjab met 28 lopies geklop.

Vandag speel die Royal Challengers Bangalore om 16:30 teen die Mumbai Indians.

  • In die plaaslike eendagreeks is die eerste halfeindwedstryd gister op SuperSport Park gespeel.

Cape Cobras 187

Titans 188/5

Die Titans wen met vyf paaltjies en dring daarmee deur na Sondag se eindstryd.

Die tweede halfeind tussen die Dolphins en die Warriors word vandag om 13:30 in Durban beslis. Sinethemba Qeshile, Lutho Sipamla en Andrew Birch is terug in die Warriors se groep.

Op die jongste ATP wêreldranglys is Kevin Anderson steeds in posisie nommer vyf (Foto: Kevin Anderson/Facebook)

Tennis

  • By die Miami Ope sal Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson in die kwarteindronde teen (4) Roger Federer te staan kom. (20) Denis Shapovalov het verras deur (8) Stefanos Tsitsipas in drie stelle uit te skakel om die kwarteind te bereik.
  • In die vroue-afdeling word die eerste halfeindwedstryd tussen (5) Karolína Plíšková en (2) Simona Halep gespeel. (12) Ashleigh Barty en (21) Anett Kontaveit sal sake in die ander halfeind uitspook.

Gholf

  • In die VSA is die eerste ronde van die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi in Texas voltooi. Die voorste 64 spelers in die wêreld speel die eerste drie dae in 16 groepe van vier spelers elk.

Gister was daar oorwinnings vir Suid-Afrika se Branden Grace wat vir Hideki Matsuyama met 4 & 3 geklop het.

Justin Harding het een putjie meer as Matthew Fitzpatrick gewen en was een voor ná 18 putjies.

Louis Oosthuizen het egter sy eerste wedstryd teen Kyle Stanley met 3 & 2 verloor.

  • In Europa word die eerste ronde van die Indiese Ope vandag in Nieu-Delhi
  • In die Sonskynreeks begin die Zambiese Ope vandag in Nkana.
  • In die Sonskynreeks vir vroue is die tweede ronde van die Joburg Ope gister in Soweto voltooi.

144 – Nobuhle Dlamini (SWZ) 72 72

145 – Lejan Lewthwaite 72 73

146 – Casandra Hall 73 73

148 – Tandi Mc Callum 76 72

Valtteri Bottas. Foto: AP Photo/Nelson Antoine

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-reeks se tweede wedren van 2019 word Sondag in Bahrain gejaag. Mercedes het die eerste wedren oorheers en beklee die eerste twee plekke op die punteleer.

1 Valtteri Bottas (Mercedes) 26

2 Lewis Hamilton (Mercedes) 18

3 Max Verstappen (Red Bull) 15

4 Sebastian Vettel (Ferrari) 12

5 Charles Leclerc (Ferrari) 10

  • Die Moto GP-reeks se aksie is die naweek in Argentinië. Die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez, is tweede op die punteleer.

1 Andrea Dovizioso (Ducati) 25

2 Marc Marquez (Repsol Honda) 20

3 Cal Crutchlow (LCR Honda) 16

4 Alex Rins (Suzuki Ecstar) 13

5 Valentino Rossi (Yamaha) 11

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.