Vandag se sportnuus

Die Sunwolves se Jamie Henry in aksie tydens die Superrugby-kragmeting tussen die Sunwolves en die Chiefs in Hamilton, Nieu-Seeland [2 Maart 2019] (Foto: Bruce Lim/AP)

Superrugby

  • Hierdie naweek se aksie begin reeds vanoggend met twee wedstryde wat gespeel word.

Vandag

Hurricanes 8:35 Crusaders
Waratahs 10:45 Sunwolves

Môre

Blues 8:35 Stormers (Die Stormers het ses veranderinge aan hul span aangebring)
Reds 10:45 Rebels

Sharks 15:05 Bulls (Die Sharks het twee veranderinge aan hul span gemaak. Luke Stringer vervang Phepsi Buthelezi op flank en Lwazi Mvovo vir Sbu Nkosi op vleuel).
Jaguares 23:40 Chiefs

Sewesrugby

  • Die sewende toernooi in die wêreldreeks word aanstaande week in Hongkong gespeel. Die Blitsbokke is tans vierde op die punteleer.

1 VSA 113
2 Nieu-Seeland 106
3 Fidji 101
4 Suid-Afrika 89
5 Engeland 80 

Varsitybeker

  • Die laaste ronde in die rondomtalie fase van dié reeks word Maandag gespeel. 

Australië se krieketkaptein, Steven Smith. (Foto: Michael Sheehan/AP)

Krieket

  • Australië en Pakistan speel vandag in hul vierde van vyf eendagwedstryde teen mekaar. Die Aussies het reeds dié reeks met 3-0 gewen.
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Mumbai Indians het die Royal Challengers Bangalore met ses lopies geklop. 

Vandag speel die Sunrisers Hyderabad teen om 16:30 teen die Rajasthan Royals.

  • In die plaaslike eendagreeks is die tweede halfeindwedstryd gister in Durban gespeel.

Warriors 119
Dolphins 123/3

Die Dolphins wen gemaklik met sewe paaltjies en dring daarmee deur na Sondag se eindstryd teen die Titans in Centurion. Dié wedstryd begin om 10:00.

Tennis

  • By die Miami Ope het Suid-Afrika se (6) Kevin Anderson in die kwarteindronde teen (4) Roger Federer te staan gekom en pak gekry. Federer het in skoon stelle met 6-0 en 6-4 gewen.

In die een halfeind speel (7) John Isner teen die ongekeurde Felix Auger Aliassime.
In die ander halfeind sal (4) Roger Federer teen (20) Denis Shapovalov te staan kom. 

  • In die vroue-afdeling moet (5) Karolína Plíšková en (2) Simona Halep sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd.

(12) Ashleigh Barty het reeds haar plek in die eindstryd bespreek.

Branden Grace. (Foto Facebook)

Gholf

  • In die VSA is die tweede ronde van die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi in Texas voltooi.

Suid-Afrika se Branden Grace het vir Dustin Johnson met een putjie geklop.
Louis Oosthuizen was ook een putjie voor na die ronde teen Byeong Hun An.
Justin Harding is egter deur Rory McIlroy met 3 & 2 geklop.

Ná vandag se derde ronde sal daar net 16 spelers oor wees wat aan die uitspeel-rondes gaan deelneem. 

  • In Europa is die eerste ronde van die Indiese Ope in Nieu-Delhi gespeel.

1 Julian Suri -5
Stephen Gallacher -5
3 Robert Karlsson -4
   Christiaan Bezuidenhout -4 

  • In die Sonskynreeks is die Zambiese Ope se eerste ronde afgehandel.

1 Jacques Blaauw -3
    Stephen Ferreira -3
3 JC Ritchie -2 

  • Intussen het die Sonskynreeks vir vroue se Joburg Ope gister in Soweto ten einde geloop. Nobuhle Dlamini (SWZ) het haar tweede oorwinning van die seisoen behaal.

214 Nobuhle Dlamini (SWZ) 72 72 70
218 Tandi Mc Callum 76 72 70
222 Casandra Hall 73 73 76 

Brad Binder (Foto: Brian Cheyne)

Motorwedrenne

  • In die Formule Een-reeks begin die oefenrondes vir die Bahrein Grand Prix vandag. Ferrari beoog om beter te vaar nadat hy met die vierde en vyfde plek in Australië te vrede moes wees. 
  • Die Moto GP-reeks se aksie is die naweek in Argentinië. Die oefenrondes begin later vandag. Suid-Afrika se Brad Binder sal in die Moto2-afdeling meeding en Darryn Binder in Moto3. 

Atletiek

  • Suid-Afrika se span van 22 lede is in Denemarke vir dié naweek se Wêreldveldloop-kampioenskap. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.

Fulham 14:30 Manchester City
Manchester United 17:00 Watford
Brighton & Hove Albion 17:00 Southampton
Burnley 17:00 Wolverhampton Wanderers
Leicester City 17:00 AFC Bournemouth
Crystal Palace 17:00 Huddersfield Town
West Ham United 19:30 Everton 

  • In die plaaslike Nedbank-beker word daar môre twee wedstryd afgehandel.

Bloemfontein Celtic 15:00 Golden Arrows
Wits 20:15 Chippa United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeu ·

Die umpire by IPL van MI vs RCB moet geskors word, in vandag se tyd dat jy so n no ball mis, op daai tyd…seker bietjie spot fixing.

B ·

Baie omvattend, dankie Pieter. (Was aangenaam verras dat die landloop ook ingesluit is ?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.