Vandag se sportnuus

Handre Pollard. Foto: GB Jordaan

Superrugby

  • Ses wedstryde is die naweek gespeel.

Hurricanes Crusaders

Waratahs Sunwolves

Blues 24–9 Stormers

Reds 13–32 Rebels

Sharks 16–19 Bulls  

Jaguares 27–30 Chiefs

Waratahs 29–31 Sunwolves

Hurricanes 8–32 Crusaders

Die hakers, Schalk Brits (Bulls) en Armand van der Merwe (Sharks), sal albei vandag verhoor word nadat hulle rooi kaarte gekry het ná ʼn vuisgeveg tydens Saterdag se wedstryd.

Varsitybeker

  • Die laaste ronde in die rondomtaliefase van dié reeks word vandag gespeel.

UCT Ikeys 16:45 CUT

UJ 18:30 Shimlas

Maties 18:30 UWC

NWU 19:00 Wits

Krieket

  • Australië en Pakistan se vyfde en laaste eendagwedstryd is gister afgehandel. Australië het met 20 lopies gewen en die reeks met 5–0 verower.
  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga

Sunrisers Hyderabad klop die Royal Challengers Bangalore met 118 lopies.

Chennai Super Kings het die Rajasthan Royals met 8 lopies geklop.

Foto: GB Jordaan

Vandag speel die Kings XI Punjab om 16:30 teen die Delhi Capitals.

  • In die plaaslike eendagreeks is die eindstryd gister in Centurion gespeel.

Titans 356/5 (Aiden Markram 127 van 88 balle)

Dolphins 221 (Dale Steyn 3/36)

Die Titans wen met 135 lopies en is as die eendag-kampioene gekroon.

Tennis

  • By die Miami Ope het (4) Roger Federer teen (7) John Isner in die eindstryd gespeel. Federer is as kampioen gekroon ná ʼn maklike oorwinning van 6–1 en 6–4 in slegs 63 minute.
  • In die vroue-afdeling het (5) Karolína Plíšková en (12) Ashleigh Barty in die eindstryd kragte gemeet. Barty het met 7–6 en 6–3 koning gekraai.

Gholf

  • In die VSA is die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi in Texas voltooi. Suid-Afrika se Louis Oosthuizen het die kwarteind gehaal waar hy egter verloor het. Kevin Kisner (48) is as kampioen gekroon nadat hy Matt Kuchar (23) met 3 & 2 in die eindstryd geklop het.
  • In Europa is die Indiese Ope in Nieu-Delhi gespeel.

1 Stephen Gallacher -9

2 Masahiro Kawamura -8

3 Jorge Campillo -7

4 Christiaan Bezuidenhout -6

  • In die Sonskynreeks is die Zambiese Ope gister afgehandel en Daniel van Tonder het sy eerste toernooi in byna vyf jaar gewen.

283 Daniel van Tonder 72 73 68 70

284 Callum Mowat 73 75 68 68

287 Neil Schietekat 71 72 74 70, Jacques Blaauw 69 75 71 72

288 Rhys Enoch 71 74 72 71

Lewis Hamilton. Foto: AP Phtot/Laszlo Balogh

Motorwedrenne

  • In die Formule Een-reeks is die Bahrein Grand Prix gister gejaag. Mercedes het weer eerste en tweede geëindig.

1 Lewis Hamilton (Mercedes)

2 Valtteri Bottas (Mercedes)

3 Charles Leclerc (Ferrari)

4 Max Verstappen (Red Bull)

5 Sebastian Vettel (Ferrari)

  • Die Moto GP-reeks se aksie was die naweek in Argentinië. Die hoofwedren is gister deur die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez, gewen.
  1. Marc Marquez (SPA/Honda)
  2. Valentino Rossi (ITA/Yamaha)
  3. Andrea Dovizioso (ITA/Ducati)
  4. Jack Miller (AUS/Pramac-Ducati)
  5. Alex Rins (SPA/Suzuki)

Suid-Afrika se Brad Binder het in die Moto2-afdeling vyfde oor die eindstreep gejaag.

Darryn Binder was tweede in die Moto3-wedren.

Atletiek

  • Die Wêreldveldloop-kampioenskapreeks is in Denemarke afgehandel. Suid-Afrika se mans het 12de in die spankompetisie geëindig.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde gespeel.

Cardiff City 1–2 Chelsea

Liverpool 2–1 Tottenham Hotspur

  • In die plaaslike Nedbank-beker is een wedstryd gister in die kwarteindronde Kaizer Chiefs het deurgedring na die halfeindronde.

Kaizer Chiefs 2–0 Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.