Vandag se sportnuus

Die Crusaders het die Hurricanes 32 – 8 gewen. Foto: Twitter (Crusaders-rekening).

Superrugby   

  • Die Crusaders is steeds gemaklik in die eerste plek op die saamgestelde punteleer van dié kompetisie.

1 Crusaders 24

2 Rebels 18

3 Lions 18

4 Hurricanes 19

5 Bulls 17

6 Sharks 16

7 Waratahs 15

8 Blues 15

9 Stormers 14

10 Highlanders 13

11 Chiefs 12

12 Brumbies 11

13 Reds 10

14 Jaguares 10

15 Sunwolves 10

  • Die afrigter van die Bulls, Pote Human, se kontrak is met ʼn verdere jaar verleng.
  • Die haker van die Sharks, Akker van der Merwe, is vir drie weke geskors vir sy aandeel in die vuisgeveg verlede naweek in die wedstryd teen die Bulls. Van der Merwe sal die wedstryde teen die Lions, Jaguares en Reds misloop. Die Bulls se haker, Schalk Brits, is vir vier weke geskors vir dieselfde insident. Die Bulls het aangedui hulle gaan appelleer.

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks word komende naweek voorgesit wanneer die Blitsbokke in Hongkong in aksie sal wees. ʼn Week later verskuif die aksie na Singapoer.

Die Maties is vanjaar witwarm in die Varsitybeker. Foto: Facebook.

Varsitybeker

  • Die laaste ronde van die rondomtalie fase van dié kompetisie is gister afgehandel.

UCT Ikeys 36-10 CUT

Maties 84-26 UWC

UJ 14-40 Shimlas

NWU 74-15 Wits

Krieket

  • Suid-Afrika het die jaar in die derde plek op die toetsranglys, wat sopas bekendgemaak is, afgesluit. Indië was weer eerste, gevolg deur Nieu-Seeland en dan Suid-Afrika. Australië was vierde en Engeland vyfde. Indië het meer as R14 miljoen met sy eerste plek verdien.
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.

Sam Curran het ʼn driekuns behaal wat die Kings XI Punjab gehelp het om die Delhi Capitals met 14 lopies te klop.

Vandag speel die Rajasthan Royals (16:30) teen die Royal Challengers Bangalore.

  • Die plaaslike T20-reeks begin op Vrydag 5 April.

Die Titans speel om 18:00 teen die Warriors.

Serwië se Novak Djokovic. (Foto: Christophe Ena, AP)

Tennis

  • Ná die Miami Ope is Roger Federer nou vierde op die wêreldranglys.

1 Novak Djokovic

2 Rafael Nadal

3 Alexander Zverev

4 Roger Federer

5 Dominic Thiem

6 Kei Nishikori

7 Kevin Anderson

  • In die vroue-afdeling het Ashleigh Barty tot die negende plek opgeskuif.

1 Naomi Osaka

2 Simona Halep

3 Petra Kvitová

4 Karolína Plíšková

5 Angelique Kerber

Dustin Johnson. Foto: AP Photo/David Dermer

Gholf

  • Ná die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespel-toernooi in Texas het Kevin Kisner van die 50ste na 25ste plek op die wêreldranglys verbeter.

1 Dustin Johnson

2 Justin Rose

3 Rory McIlroy

4 Brooks Koepka

5 Justin Thomas     

20 Louis Oosthuizen      

43 Branden Grace

48 Justin Harding 

Motorwedrenne

  • In die Formule Een-reeks slaan Mercedes die kitaar op die punteleer ná afloop van die Bahreinse Grand Prix.

1 Valtteri Bottas (Mercedes) 44

2 Lewis Hamilton (Mercedes) 43

3 Max Verstappen (Red Bull) 27

4 Charles Leclerc (Ferrari) 26

5 Sebastian Vettel (Ferrari) 22

  • In die Moto GP-reeks verskyn Marc Marquez se naam nou eerste op die punteleer.

Spanje se Marc Marquez op sy Honda-motorfiets tydens ʼn oefensessie by die Motegi Twin Ring-baan, noord van Tokyo in Japan (20 Oktober 2018). Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 45

2 Andrea Dovizioso (Mission Winnow Ducati) 41

3 Valentino Rossi (Monster Energy Yamaha MotoGP) 31

4 Alex Rins (Team Suzuki Ecstar) 24

5 Danilo Petrucci (Mission Winnow Ducati) 205.

Suid-Afrika se Brad Binder is sewende in die Moto2-afdeling.

Darryn Binder beklee die vyfde plek in Moto3.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister een wedstryd gespeel.

Arsenal 2 – 0 Newcastle United

Punteleer

1 Liverpool 79

2 Manchester City 77

3 Arsenal 63

4 Tottenham Hotspur 61

5 Manchester United 61

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Orlando Pirates 0 – 0 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.