Vandag se sportnuus

Argieffoto

Swem

  • Die Nasionale Swemkampioenskap word aanstaande week van 8 tot 12 April in Durban aangebied. Dié geleentheid sal ook dien as proewe vir FINA se wêreldkampioenskap wat in Julie in Korea aangebied word.

Superrugby

  • Al vier Suid-Afrikaanse spanne is komende naweek in aksie.

Vrydag

Reds 11:00 Stormers

Lions 19:10 Sharks (Vir die Lions begin Aphiwe Dyantyi die wedstryd op buitesenter en Cyle Brink is terug op flank. Die Sharks het twee veranderinge gemaak aan hul beginspan. Curwin Bosch speel heelagter en Kerron van Vuuren is die haker)

Saterdag

Bulls 15:05 Jaguares

  • Die afrigter van die Lions, Swys de Bruin, het ʼn kontrak vir ʼn verdere twee jaar met dié unie geteken.

HSBC Sewesrugbytoernooi ter illustrasie (Foto: Computicket)

Sewesrugby

  • Die sewende toernooi in die Wêreldreeks begin Vrydag in Hong Kong. Die Blitsbokke speel Vrydag teen Japan en Saterdag teen Skotland en Samoa in groep A.

Pro14

  • Beide Suid-Afrikaanse spanne speel dié naweek tuiswedstryde.

Saterdag

Cheetahs 17:30 Ospreys

Sondag

Kings 15:00 Dragons

Curriebeker

  • Vanjaar se Curriebeker-kompetisie sal van 13 Julie tot 7 September strek. Dieselfde sewe spanne sal weer om dié titel meeding. Bloue Bulle, Goue Leeus, Haaie, WP, Vrystaat, Pumas en Griekwas.
  • Namibië en ʼn Argentynse span sal vanjaar aan die Curriebeker se Eerste Divisie-kompetisie

Varsitybeker

  • Die top vier spanne op die punteleer speel komende Maandag in die halfeindstryd van dié kompetisie. Maties het eerste op die finale punteleer geëindig.

1 Maties 38

2 UP-Tuks 30

3 NWU Pukke 29

4 Shimlas 22

Maandag

Tuks vs NWU 16:45

Maties vs Shimlas 19:00

Quinton de Kock. Foto: Cricinfo.

Krieket

  • Op die jongste eendag wêreldranglys is daar vier Suid-Afrikaners onder die top tien kolwers en boulers. Quinton de Kock is vierde onder die kolwers en Faf du Plessis vyfde. Imran Tahir is vierde onder die boulers terwyl Kagiso Rabada vyfde is. 
  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Die Rajasthan Royals het die Royal Challengers Bangalore met sewe paaltjies geklop. Dit was RCB se vierde nederlaag in ʼn ry.

Vandag speel die Mumbai Indians om 16:30 teen die Chennai Super Kings.

  • Die plaaslike T20-reeks begin komende Vrydag 5 April.

Die Titans speel om 18:00 teen die Warriors.

Tennis

  • Andy Murray het weer lig begin oefen ná sy heupoperasie van vroeër vanjaar. Daar was eers gedink dat hy nooit weer op die tennisbaan gesien sou word nie.

Gholf

  • In Amerika is die fokus is dié week op die Valero Texas Ope in San Antonio.
  • In die Sonskynreeks word die Zanaco Meesters van môre af in Zambië gespeel.

 

Foto ter illustrasie. Foto: AP Photo/Olivier Matthys

Motorwedrenne

  • Beide die Formule Een-reeks asook die Moto GP-reeks het komende naweek ʼn blaaskans. Die volgende wedrenne vind aanstaande naweek plaas.
  • Intussen het Mick Schumacher, die seun van die legendariese Michael Schumacher, gister agter die stuurwiel van ʼn Formule Een motor ingeskuif. Mick het ʼn Ferrari in Bahrain getoets.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga was daar gister twee wedstryde gespeel.

Wolverhampton Wanderers 2 – 1 Manchester United

Watford 4 – 1 Fulham

Vandag word daar drie wedstryde gespeel.

Manchester City 20:45 Cardiff City-

Chelsea 20:45 Brighton & Hove Albion

Tottenham Hotspur 20:45 Crystal Palace

  • In die plaaslike Premierliga loop Sundowns met drie punte voorop die jongste punteleer.

1 Mamelodi Sundowns 44

2 Orlando Pirates 41

3 Wits 41

4 Cape Town City 40

5 SuperSport United 39

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.