Vandag se sportnuus

Die SA vrouerugbyspan gaan later vanjaar twee tuistoetse teen Skotland speel. Foto: ANA.

Rugby

  • SA Rugby het die afgelope boekjaar ʼn wins van R2 miljoen gemaak teenoor die vorige twee jaar se verliese van R62,4 miljoen in 2017 en R15,7 miljoen in 2016.

Superrugby

  • Sewe wedstryde word dié naweek

Môre

Highlanders 08:35 Hurricanes

Reds 11:00 Stormers (Die Reds het twee voormalige WP-spelers en broers, JP en Ruan Smith, as hul stutte gekies. Die Stormers het sewe veranderinge aan hul span gemaak. Daar is onder meer ʼn hele nuwe voorry en Justin Phillips sal op skrumskakel uitdraf.)

Lions 19:10 Sharks

Saterdag

Crusaders 06:15 Brumbies

Blues 08:35 Waratahs

Rebels 10:45 Sunwolves

Bulls 15:05 Jaguares (Die Bulls het ʼn hele rits veranderinge aan hul span aangebring. Dit sluit in dat Manie Libbok losskakel speel, Jannes Kirsten op flank sal uitdraf en Corniel Els as haker.)

  • Jaco Peyper van Suid-Afrika word die naweek slegs die vierde skeidsregter om in sy 100ste Superwedstryd (Crusaders teen Brumbies) op te tree.

Net Steve Walsh (111 wedstryde), Jonathan Kaplan (107) en Craig Joubert (103) kon dit reeds vermag.

HSBC Sewesrugbytoernooi (Foto: Computicket)

Sewesrugby

  • Die Hongkong-been van die Wêreldreeks begin môre en duur tot Sondag. Chris Dry sal vir Zain Davids vervang wat sy skouer beseer het.

Môre

Suid-Afrika 12:06 Japan

Saterdag

Suid-Afrika 05:41 Skotland

Suid-Afrika 09:22 Samoa

Pro14

  • Sewe wedstryde word dié naweek

Vrydag

Munster 20:35 Cardiff Blues

Glasgow Warriors 20:35 Ulster

Saterdag

Cheetahs 17:30 Ospreys

Zebre 18:30 Connacht

Llanelli Scarlets 19:45 Edinburgh

Leinster 20:45 Benetton Treviso

Sondag

Kings 15:00 Dragons

Varsitybeker

  • Die halfeindstryde van dié kompetisie word Maandag beslis.

Tuks vs NWU 16:45

Maties vs Shimlas 19:00

Gholf

  • In Amerika word die eerste ronde van die Valero Texas Ope later vandag in San Antonio gespeel. Ernie Els, Justin Harding en Dylan Frittelli sal hul staal toon.
  • In die Sonskynreeks begin die Zanaco Meesters vanoggend in Zambië. JJ Senekal van Suid-Afrika is die verdedigende kampioen.

Krieket

  • Drie wedstryde word hierdie naweek in die plaaslike T20-reeks

Môre

Titans 18:00 Warriors

Saterdag

Dolphins 18:00 Knights

Sondag

Highveld Lions 14:30 Cape Cobras

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Die Mumbai Indians het die Chennai Super Kings met 37 lopies geklop. 

Vandag speel die Delhi Capitals teen die Sunrisers Hyderabad.

Tennis

  • Die eindstryd van die 2020 Olimpiese Spele sal oor die beste uit drie stelle gespeel word. By die vorige Spele moes die spelers sake oor vyf stelle uitspook.

Manchester City se Oleksandr Zinchenko en Chelsea se Ngolo Kante in aksie tydens ‘n vorige Engelse Premierliga-wedstryd. Foto: Alastair Grant/AP)

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister drie wedstryde gespeel.

Manchester City 2 – 0 Cardiff City

Chelsea 3 – 0 Brighton & Hove Albion

Tottenham Hotspur 2 – 0 Crystal Palace

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.