Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohTennis

By die Miami Ope begin die ronde van 128 vandag. Die gekeurde spelers sal eers more in aksie wees. Dit sluit Angelique Kerber en Simona Halep in.

T20 Krieket

Kom ons loer na gister se uitslae in die Momentum eendagreeks:

Warriors        147 (41.2 bb)

Titans          148/3 (28.1 bb)

Titans wen met 7 paaltjies met 131 balle oor.  AB de Villiers het 75 lopies van net 62 balle gemoker.

In Kimberley het die Knights net-net met die Lions afgereken.

Knights          311/6 (50 bb) David Miller was onoorwonne op 123 lopies van 86 balle.

Lions              307/6 (50 bb)

Knights wen met 4 lopies.

Wêreldbekerrugby

Die Springbokke het teruggesak na die sewende posisie op die Wêreldranglys en dit voorspel ʼn moeilike trekking vir die 2019 Wêreldbeker. Die finale trekking word in April in Japan gedoen. Die 4 voorste spanne is Nieu-Seeland, Engeland‚ Australië en Ierland.

Superrugby

Die Reds se losskakel Quade Cooper sal vir 3 weke op die kantlyn wees na sy gevaarlike duikslag op Ruan Janse van Rensburg van die Lions. Die Lions het die wedstryd met 44 – 14 gewen.

Sesnasiesrugby

CJ Stander is genomineer vir Europese Speler van die Jaar. Die wenner word op 3 April aangekondig.

Die Stormers se senter, Huw Jones, het sy dyspier geskeur in Saterdag se wedstryd vir Skotland teen Italië en sal ʼn geruime tyd op die kantlyn deurbring.

Varsitybekerrugby

Na Maandag se wedstryde lyk die jongste puntestand so:

sport1 

Gholf

Die Amerikaanse Meesters begin aanstaande week op Augusta in Georgia. Alle  aanduidings is dat Tiger Woods tans alles in die stryd werp om gereed te wees om in die toernooi af te slaan.

In die Europese reeks begin die Wêreld-gholfkampioenskap se Putjiespeltoernooi vandag in Austin, Texas, waar die beste 70 spelers in die wêreld sake sal uitspook. Die 3 Suid-Afrikaners wat hul staal sal toon, is Branden Grace, Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen.

In die Amerikaanse Gholfreeks slaan die spelers more af in die Puerto Rico Ope.

Sokker

Itumeleng Khune sal Bafana Bafana aanvoer in die komende internasionale  wedstryde teen Guinee-Bissau en Angola.

In die Engelse Premierliga lyk die jongste puntestand so:

sport2

En in die plaaslike Premierliga lyk die punteleer so:

sport3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.