Vandag se sportnuus

Daniel van Tonder (Foto: Sunshine Tour/ANA)

Superrugby

  • Sewe wedstryde is die naweek gespeel en drie van die vier Suid-Afrikaanse spanne het pak gekry.

Bulls 20 – 22 Jaguares
Rebels 42 – 15 Sunwolves
Blues 32 – 29 Waratahs
Crusaders 36 – 14 Brumbies
Lions 5 – 42 Sharks
Reds 24 – 12 Stormers
Highlanders 28 – 31 Hurricanes

  • Intussen is die twee Stormers, SP Marais en Chris van Zyl terug in die Kaap nadat hulle beseer is. Die kaptein, Siya Kolisi, is ook terug in die Moederstad omdat hy komende naweek ʼn ruskans geniet vir die Stormers se laaste wedstryd in Australië.

Sewesrugby

  • Die Hongkong-been van die Wêreldreeks is gister afgehandel. Die Blitsbokke het in die groepfase met Japan, Skotland en Samoa afgereken om eerste in Groep A te eindig. Suid-Afrika het egter in die kwarteind teen die VSA met 21 – 12 vasgeval en ook teen Argentinië in die uitspeel om die vyfde plek met 19 – 17 verloor. Die Blitsbokke eindig daarmee sewende.

Dié toernooi is deur Fidji vir ʼn vyfde agtereenvolgende jaar gewen. Hulle het Frankryk in die eindstryd met 21 – 7 geklop. Die VSA was derde en Samoa vierde.

Pro14

  • Sewe wedstryde is die naweek

Leinster 27 – 27 Benetton Treviso
Llanelli Scarlets 12 – 20 Edinburgh
Zebre 5 – 6 Connacht
Cheetahs 14 – 31 Ospreys
Munster 45 – 21 Cardiff Blues
Glasgow Warriors 30 – 7 Ulster
Kings 18 – 18 Dragons

Varsitybeker

  • Die halfeindstryde van dié kompetisie word vandag beslis.

Tuks vs NWU 16:45
Maties vs Shimlas 19:00

Gholf

  • In Amerika is die Valero Texas Ope in San Antonio afgehandel.

1 Corey Conners -20
2 Charley Hoffman -18
3 Ryan Moore -17
4 Brian Stuard -15
Si Woo Kim -15
42 Dylan Frittelli -5

  • In die Sonskynreeks het die Zanaco Meesters gister in Zambië ten einde geloop.

1 JC Ritchie -18 (Valbylstryd)
2 Rhys Enoch -18
3 Garrick Higgo -16
Chris Cannon -16
5 Luke Jerling -15
6 Daniel van Tonder -14

  • Die eerste major van die jaar in die Vroue se LPGA-reeks is die naweek voltooi. Die ANA Inspiration-toernooi is deur Jin Young Ko met drie houe gewen.

1 Jin Young Ko -10
2 KORMi Hyang Lee -7
3 Lexy Thompson -6
75 Ashley Simon +16      

Krieket

  • Drie wedstryde is die naweek in die plaaslike T20-reeks

Titans 216/5
Warriors 60/0
Warriors wen met 4 lopies (D/L metode)

Dolphins 134/6
Knights 133/8
Dolphins wen met 4 paaltjies

Cape Cobras169/8
Highveld Lions 164/8
Cape Cobras wen met 5 lopies

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga

Delhi Capitals klop die Royal Challengers Bangalore met 4 paaltjies.
Kolkata Knight Riders wen hul wedstryd met 8 paaltjies teen die Rajasthan Royals.
Vandag speel Kings XI Punjab om 16:30 teen die Sunrisers Hyderabad

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Polokwane City 3 – 1 Black Leopards

  • In die FA-beker is die twee halfeindstryde die naweek afgehandel.

Manchester City 1 – 0 Brighton
Watford 3 – 2 Wolverhampton Wanderers

  • In die Engelse Premierliga word daar vandag een wedstryd afgehandel.

Chelsea 21:00 West Ham United

  • Banyana Banyana en Jamaika het met een doel elk gelykop gespeel in hul vriendskaplike wedstryd in die Moses Mabhida-stadion in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.