Vandag se sportnuus

Chad le Clos. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Swem

  • Suid-Afrika se Nasionale Swemkampioenskap het gister in Durban begin. Twee swemmers het Fina se kwalifiseringstye vir die wêreldkampioenskap behaal.

Die Olimpiese ster, Chad Le Clos, het goud in die 200 m-vlinderslag gewen en met sy tyd van 1:56.21 behaal hy Fina se kwalifisering vir dié item. Chad het ook goud in die 100 m-vryslag in ʼn uitstekende 49.75 sekondes gewen.

In die 100 m-vryslag vir vroue het Erin Gallagher goud gewen in 54.34  sekondes en vir die wêreldkampioenskap gekwalifiseer.  Die byeenkoms word vandag by Kingspark voortgesit.

Rugby

  • Eers was daar die geel kaart, toe die rooi kaart en nou volg die blou kaart in rugby. Dié blou kaart sal gebruik word om aan te dui dat die speler die veld moet verlaat weens harsingskudding of vermoedelike harsingskudding. Die gebruik daarvan sal in Suid-Afrika oor die volgende weke ingestel word, behalwe in wedstryde waar Wêreldrugby reeds die hoofbesering se assessering goedgekeur het.

Superrugby

  • Op die jongste saamgestelde punteleer is die Crusaders gemaklik voor.

1 Crusaders 29

2 Rebels 23

3 Sharks 21

4 Hurricanes 23

5 Blues 19

6 Bulls 18

7 Lions 18

8 Waratahs 16

9 Reds 14

10 Jaguares 14

11 Stormers 14

12 Highlanders 14

13 Chiefs 12

14 Brumbies 11

15 Sunwolves 10

Suid-Afrika se Blitsbokke vier fees ná hul oorwinning teen Frankryk in die Wêreldbeker-sewestoernooi se eindstryd in Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Ben Nelms, AP)

Sewesrugby

  • Ná die Hongkong-been van die Wêreldreeks is die VSA steeds eerste op die punteleer.

1 VSA 130

2 Fidji 123

3 Nieu-Seeland 118

4 Suid-Afrika 99

5 Engeland 90

6 Samoa 74

Pro14

  • Op die jongste punteleer is die Vrystaat én die Kings in die sesde plekke in onderskeidelik Konferensies A en B. Die Glasgow Warriors is die voorlopers in Konferensie A en Leinster is voor in B.

Varsitybeker

  • Die halfeindstryde van dié kompetisie is gister beslis. Die twee tuisspanne het na die eindstryd deurgedring.

Tuks 24–18 NWU Pukke

Maties 47–5 Shimlas

Die eindstryd sal aanstaande Maandag op Stellenbosch gespeel word.

Branden Grace. (Foto Facebook)

Gholf

  • Alle oë is op hierdie week se eerste major van die jaar, naamlik die Amerikaanse Meesters op Augusta. Daar sal ses Suid-Afrikaners in aksie wees.
  • Op die jongste wêreldranglys is Justin Rose weer terug in die eerste posisie.

1 Justin Rose

2 Dustin Johnson

3 Rory McIlroy

19 Louis Oosthuizen

44 Branden Grace

49 Justin Harding

Krieket

  • Een wedstryd word vandag in die plaaslike T20-reeks

Knights 18:00 Warriors (Kimberley)

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga

Kings XI Punjab het die Sunrisers Hyderabad met 6 paaltjies geklop.

Vandag speel Chennai Super Kings om 16:30 teen die Kolkata Knight Riders.

(Foto: Aaron Favila, AP)

Tennis

  • Tennis Suid-Afrika het aangekondig dat Suid-Afrika se Davisbeker-kragmeting teen Bulgarye op 13 en 14 September gespeel word. Hierdie Euro/Afrikagroep 2-wedstryd sal by die Kelvin Grove Klub in Kaapstad aangebied word.

Sokker

  • In UEFA se kampioeneliga word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.

Liverpool 21:00 Porto

Tottenham Hotspur 21:00 Manchester City

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Chelsea 2–0 West Ham United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.