Vandag se sportnuus

Tatjana Schoenmaker. Foto: REUTERS/David Gray

Swem

  • Suid-Afrika se Nasionale Swemkampioenskap het gister in Durban sy tweede dag beleef. Die dag het aan die vroue‑swemmers behoort wat die beste presteer het.

Tatjana Schoenmaker en Kaylene Corbett het beide vir die wêreldkampioenskap in die 200 m-borsslag gekwalifiseer deur goud en silwer in 2:24.44 en 2:25.62 te wen.

Nathania van Niekerk het in die 200 m-rugslag in ʼn tyd van 2:11.37 gewen en ook vir Fina se wêreldkampioenskap gekwalifiseer.

Erin Gallagher het ʼn nuwe Suid-Afrikaanse rekord van 26.30 sekondes in die 200 m-rugslag opgestel.

Ses swemmers het reeds vir die wêreldkampioenskap in Suid-Korea gekwalifiseer. Die byeenkoms word vandag by Kingspark voortgesit.

Gholf

  • Die Amerikaanse Meesters op Augusta se voorvertoning begin vandag met die syfer-drie-kompetisie wat gespeel word. Ses Suid-Afrikaners sal in die hooftoernooi in aksie wees. Hulle is Louis Oosthuizen, Branden Grace asook Justin Harding. Twee voormalige kampioene, Charl Schwartzel en Trevor Immelman, sal ook saam met die Britse amateurkampioen, Jovan Rebula, hul stokke swaai.

Krieket

  • Een wedstryd was gister in die plaaslike T20-reeks gespeel.

Die wedstryd tussen die Knights en die Warriors (Kimberley) is weens ʼn nat buiteveld afgelas.

Twee wedstryde is vir vandag geskeduleer.

Dolphins 18:00 Highveld Lions

Titans 18:00 Cape Cobras

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.

Die Chennai Super Kings het die Kolkata Knight Riders met 7 paaltjies geklop.

Vandag speel die Mumbai Indians om 16:30 Kings XI Punjab.

Superrugby

  • Vrydag word twee wedstryde gespeel.

Crusaders 09:35 Highlanders

Rebels 11:45 Stormers

Sewesrugby

  • Die aksie verskuif dié week na die agtste been van die Wêreldreeks wat in Singapoer gespeel word. Suid-Afrika is in groep A saam met Fidji, Skotland en Kanada vir die groepfase ingedeel. Zain Davids sal vandag ʼn skoueroperasie ondergaan wat beteken hy sal die laaste drie toernooie vanjaar misloop.

Pro14

  • Drie wedstryde sal reeds Vrydag afgehandel word.

Benetton Treviso 19:00 Munster

Kings 19:35 Ospreys

Edinburgh 20:35 Ulster

Motorwedrenne

  • Die 2019 Formule Een-reeks word die naweek voortgesit met die Chinese Grand Prix wat in Sjanghai gejaag word. Op die punteleer gee Mercedes die toon aan.

1 Valtteri Bottas (Mercedes) 44

2 Lewis Hamilton (Mercedes) 43

3 Max Verstappen (Red Bull) 27

4 Charles Leclerc (Ferrari) 26

5 Sebastian Vettel (Ferrari) 22

  • In die MotoGP-reeks is die aksie in Austin waar die Amerikaanse MotoGP ook Sondag gejaag word.

Marc Marquez (Repsol Honda) van Spanje in aksie tydens die Moto GP van Valencia Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje. Foto: Alberto Saiz/AP

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 45

2 Andrea Dovizioso (Ducati) 41

3 Valentino Rossi (Yamaha) 31

4 Alex Rins (Suzuki Ecstar) 24

5 Danilo Petrucci (Mission Ducati) 20

Sokker

  • In UEFA se kampioeneliga is gisteraand twee eerstebeen‑kwarteindstryde afgehandel.

Liverpool 2 – 0 Porto

Tottenham Hotspur 1 – 0 Manchester City

  • Vanaand word die ander twee kwarteindstryde afgehandel.

Manchester United 21:00 Barcelona

Ajax 21:00 Juventus

  • In die plaaslike Premier-liga word een wedstryd vanaand gespeel.

Orlando Pirates 19:30 Black Leopards

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.