Vandag se sportnuus

Branden Grace in aksie tydens die Phoenix Ope. AP Photo/Matt York

Gholf

  • Die syfer-drie-kompetisie is gisteraand in die Amerikaanse Meesters op Augusta gespeel. Dié vriendskaplike kompetisie is deur Matt Wallace gewen nadat hy die valbylstryd teen Sandy Lyle gewen het. Albei spelers het die kompetisie op -5 afgesluit. Branden Grace het -3 op sy telkaart ingevul.

Die hooftoernooi begin vandag met 87 spelers wat afslaan. Van die interessante groeperings sluit in dat Tiger Woods saam met Haotong Li en Jon Rahm speel. Rickie Fowler en Rory McIlroy sal mekaar geselskap hou terwyl Phil Mickelson, Justin Rose en Justin Thomas saam gegroepeer is.

Die eerste spelers slaan vandag om 14:30 Suid-Afrikaanse tyd af en die laaste spelers om 20:00.

Swem

  • Suid-Afrika se Nasionale Swemkampioenskap het gister in Durban sy derde dag beleef. Ses kwalifiseringstye vir die wêreldkampioenskap in Suid-Korea is oor die eerste twee dae behaal. Gister het Erin Gallagher en Chad le Clos weer gekwalifiseer en dié keer was dit in die 100m-borsslag. Dit was Le Clos se vierde goue medalje van die byeenkoms. Die ander swemmer wat gister gekwalifiseer het, is Ayrton Sweeney wat die 400 m- individuele wisselslag in 4:17.67 gewen het.

Die byeenkoms word vandag by Kingspark in Durban voortgesit.

Krieket

  • Twee wedstryde was gister in die plaaslike T20-reeks gespeel.

Highveld Lions klop die Dolphins met 18 lopies.

Titans wen met sewe paaltjies teen die Cape Cobras.

Drie wedstryde word môre gespeel.

Cape Cobras 18:00 Warriors

Titans 18:00 Dolphins

Highveld Lions 18:00 Knights

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.

Die Mumbai Indians het ʼn oorwinning van drie paaltjies met die laaste bal teen die Kings XI Punjab behaal.

Vandag speel die Rajasthan Royals om 16:30 teen die Chennai Super Kings.

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek gespeel en al vier Suid-Afrikaanse spanne is in aksie.

Môre

Crusaders 09:35 Highlanders

Rebels 11:45 Stormers (Steven Kitshoff sal as kaptein van die Stormers op die veld draf)

Saterdag

Chiefs 09:35 Blues

Brumbies 11:45 Lions  (Rasta Rasivhenge is in beheer)

Sharks 15:05 Jaguares (Nick Briant van Nieu-Seeland is die skeidsregter)

Bulls 17:15 Reds (Glen Jackson, ook ʼn Nieu-Seelander, sal die fluitjie hanteer)

Die Bulls het agt veranderinge en een skuif gemaak aan hul span. Warrick Gelant, Jesse Kriel, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Marco van Staden en RG Snyman is in die beginspan. Duane Vermeulen kry ʼn ruskans.

Sewesrugby

  • Die agtste been van die Wêreldreeks begin Saterdag in Singapoer. Suid-Afrika bevind hom saam met verlede week se kampioene, Fidji, in groep A.

Groep A: Fidji, Suid-Afrika, Skotland en Kanada

Groep B: Frankryk, Argentinië, Australië en Hongkong

Groep C: VSA, Engeland, Kenia en Wallis

Groep D: Samoa, Nieu-Seeland, Japan en Spanje

Pro14

  • Albei Suid-Afrikaanse spanne is dié naweek in aksie.

Vrydag

Kings 19:35 Ospreys

Saterdag

Cheetahs 19:35 Dragons

Argieffoto: AP Photo/Luca Bruno

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix word dié naweek gejaag. Die eerste oefenrondes vind môre plaas en die kwalifisering vir die wegtrekrooster sal Saterdag afgehandel word. Die hoofwedren begin Sondag om 08:10 Suid-Afrikaanse tyd.
  • In die Moto GP-Reeks word die Amerikaanse Moto-GP Sondag in Austin gejaag. Tydens die vorige wedren in Rio het Marc Márquez op sy Repsol Honda byna tien sekondes voor Valentino Rossi oor die eindstreep gejaag.

Sokker

  • In UEFA se kampioeneliga is die laaste twee eerstebeen kwarteindstryde afgehandel.

Manchester United 0 – 1 Barcelona

Ajax 1 – 1 Juventus

  • In die plaalike Premier-liga is een wedstryd gister gespeel.

Orlando Pirates 2 – 0 Black Leopards

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.