Vandag se sportnuus

Justin Harding. Foto: twitter.com/JustinHarding60.

Gholf

  • Die eerste ronde van die Amerikaanse Meesters is op Augusta gespeel. Die eerste dag is in goeie sonskynweer afgehandel. Ná die eerste drie uur se spel gister was drie Suid-Afrikaners bo aan die voorlopersbord, naamlik Justin Harding, Branden Grace en Louis Oosthuizen almal op -2.

Nadat dié ronde afgehandel is, was twee Amerikaners egter aan die voorpunt.

1 Bryson DeChambeau -6

Brooks Koepka -6

3 Phil Mickelson -5

4 Ian Poulter -4

Dustin Johnson -4

6 Justin Harding -3

21 Louis Oosthuizen -1    

29 Branden Grace E         

44 Jovan Rebula (a) +1    

58 Trevor Immelman +2   

77 Charl Schwartzel +5

Die tweede ronde begin vandag om 14:30 Suid-Afrikaanse tyd.

Tatjana Schoenmaker. Foto: REUTERS/David Gray

Swem

  • Suid-Afrika se Nasionale Swemkampioenskap het gister in Durban sy vierde dag beleef. Daar is nou reeds 11 kwalifiseringstye vir die wêreldkampioenskap in Suid-Korea aangeteken.

Tatjana Schoenmaker het gister haar tweede kwalifikasie behaal toe sy die 100 m-borsslag in 1:06.83 gewen het.

In die Paralimpiese afdeling het Christian Sadie reeds vier keer vir die wêreldkampioenskap gekwalifiseer.

Dié byeenkoms loop vanaand by Kingspark in Durban ten einde.

Superrugby

  • Ses wedstryde word die naweek gespeel waarvan die eerste twee reeds vandag afgehandel word.

Vandag

Crusaders 09:35 Highlanders

Rebels 11:45 Stormers

Môre

Chiefs 09:35 Blues

Brumbies 11:45 Lions (Lionel Mapoe sal in sy 100ste-superwedstryd vir die Lions uitdraf terwyl Malcolm Marx die kaptein is van ʼn span wat nege veranderinge toon)

Sharks 15:05 Jaguares (Beast Mtawarira, Coenie Oosthuizen en Jacques Vermeulen kry ʼn ruskans terwyl Jean-Luc du Preez na ʼn lang tyd weer terug is in die span)

Bulls 17:15 Reds

HSBC Sewesrugbytoernooi (Foto: Computicket)

Sewesrugby

  • Die Singapoer-been van die Wêreldreeks begin vroeg môreoggend. Suid-Afrika se eerste wedstryd is teen Skotland.

Suid-Afrika 06:14 Skotland

Suid-Afrika 09:40 Kanada

Suid-Afrika 13:28 Fidji

Die kwarteind-, halfeind- en eindstryde sal Sondag beslis word.

Pro14

  • Sewe wedstryde word dié naweek beslis.

Vrydag

Benetton Treviso 19:00 Munster

Kings 19:35 Ospreys

Edinburgh 20:35 Ulster

Saterdag

Leinster 16:00 Glasgow Warriors

Connacht 16:00 Cardiff Blues

Llanelli Scarlets 18:15 Zebre

Cheetahs 19:35 Dragons

Die Cape Cobras. Foto: Facebook.

Krieket

  • Drie wedstryde word vandag in die plaaslike T20-reeks gespeel.

Cape Cobras 18:00 Warriors

Titans 18:00 Dolphins

Highveld Lions 18:00 Knights

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga afgehandel.

Die Chennai Super Kings het die Rajasthan Royals met vier paaltjies geklop.

Vandag speel die Kolkata Knight Riders om 16:30 teen die Delhi Capitals. 

Atletiek

  • Verskeie bekende atlete sal môre in aksie wees by ASA se Grand Prix-reeks in Bloemfontein. Dit sluit atlete in soos Simon Magakwe, Thando Roto, Clarence Munyai en Carina Horn.

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix sal Sondag die 1 000ste-wedren in die wêreldkampioenskap se geskiedenis wees. Ferrari se Charles Leclerc het so byna twee weke gelede sy eerste Grand Prix gewen voordat enjinprobleme ʼn stokkie daarvoor gesteek het. Ferrari is tot nou toe deur Mercedes oorskadu.

Die wedren begin Sondagoggend om 08:10 Suid-Afrikaanse tyd.

  • Die Amerikaanse Moto-GP word Sondagaand om 21:00 in Austin gejaag. Die wedren sal voorafgegaan word deur die Moto2 asook Moto3 wedrenne. Die vraag op almal se lippe is of die huidige wêreldkampioen, Marc Marques, sy voorsprong op die punteleer gaan vergroot.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word een wedstryd vanaand afgehandel.

Leicester City 21:00 Newcastle United

  • In die plaalike Premierliga word een wedstryd vanaand gespeel.

Chippa United 20:00 Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.