Vandag se sportnuus

Foto: (AP Photo/David J. Phillip)

Gholf

  • Die eerste major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, is op Augusta afgehandel. Tiger Woods het sy 15de major ingepalm en dit was sy vyfde Meesters-titel. Woods het in 2008 laas die Amerikaanse Ope gewen.

-13 Tiger Woods (VSA)

-12 Xander Schauffele (VSA) Dustin Johnson (VSA)   Brooks Koepka (VSA)

-8 Justin Harding (RSA)

-4 Louis Oosthuizen (RSA)

+2 Trevor Immelman (RSA)

+5 Branden Grace (RSA)

Die Lions het 20 – 31 teen die Brumbies verloor. Foto: Facebook.

Superrugby

  • Ses wedstryde is die naweek afgehandel.

Crusaders 43 – 17 Highlanders

Rebels 24 – 41 Stormers

Chiefs 33 – 29 Blues

Bulls 32 – 17 Reds

Sharks 17 – 51 Jaguares

Brumbies 31 – 20 Lions

Sewesrugby

  • Die Singapoer-been van die Wêreldreeks het gister ten einde geloop. In die groepfase het die Blitsbokke vir Skotland, Kanada en Fidji geklop. In die kwarteindstryd het ons vir Samoa met 21-12 afgestof en in die halfeind die VSA met 24-12 uitoorlê. Die eindstryd tussen Fidji en die Blitsbokke is deur Suid-Afrika op sensasionele wyse gewen nadat die Blitsbokke teen rustyd met 19-0 agter was. Die eindtelling 20-19 in Suid-Afrika se guns. Engeland het derde geëindig en die VSA vierde.

Pro14

  • Sewe wedstryde is die naweek beslis en albei Suid-Afrikaanse spanne was aksie.

Edinburgh 7-29 Ulster

Benetton Treviso 28-37 Munster

Kings 7-43 Ospreys

Cheetahs 38-13 Newport Gwent Dragons

Llanelli Scarlets 42-0 Zebre

Leinster 24-39 Glasgow Warriors

Connacht 29-22 Cardiff Blues

Chad le Clos. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Swem

  • Suid-Afrika se Nasionale Swemkampioenskap het die naweek in Durban ten einde geloop. Nege swemmers het 12 kwalifiseringstye vir die wêreldkampioenskap in Suid-Korea aangeteken. Die drie swemmers wat vir twee items kon kwalifiseer is Chad le Clos, Erin Gallagher en Tatjana Schoenmaker.
  • In die Paralimpiese-afdeling het sewe swemmers in 14 items gekwalifiseer vir die wêreldkampioenskap.

Krieket

  • Drie wedstryde was vir gister in die plaaslike T20-reeks

Twee wedstryde het geen uitslae opgelewer nie as gevolg van reën. Dit was die wedstryde tussen die Knights en die Titans in Kimberley en die Warriors teen die Lions in Oos-Londen. Die Cape Cobras het die Dolphins met agt lopies in Kaapstad geklop.

  • Twee wedstryde is gister in die Indiese Premierliga

Chennai Super Kings wen met vyf paaltjies teen die Kolkata Knight Riders.

Delhi Capitals klop die Sunrisers Hyderabad met 39 lopies.

 Vandag speel die Mumbai Indians om 16:30 teen die Royal Challengers Bangalore.

Atletiek

  • Verskeie bekende atlete was Saterdag by ASA se Grand Prix-reeks in Bloemfontein in aksie. In die 100 m vir mans het Simon Magakwe in 10,06 sekondes geseëvier. Die 400 m hekkies vir mans is deur Lindsay Hanekom in ʼn tyd van 49,64 sekondes gewen. Zarck Visser het die verspring gewen met ʼn sprong van 8,13 m. Orazio Cremona het ʼn afstand van 20,19 m in die gewigstoot behaal.

Mercedes se Lewis Hamilton van Brittanje word met sjampanje gespuit deur Ferrari se Sebastian Vettel van Duitsland gedurende die toekenningseremonie ná die Chinese Formule Een Grand Prix in Sjanghai. (Foto: Ng Han Guan/AP)

Motorwedrenne

  • Die Chinese Formule Een Grand Prix is gister afgehandel

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 1:32:06.350

2 Valtteri Bottas (Mercedes) +06.552

3 Sebastian Vettel (Ferrari) +13.744

4 Max Verstappen (Red Bull) +27.627

5 Charles Leclerc (Ferrari) +31.276

  • Die Amerikaanse Moto-GP is gisteraand in Austin gejaag. Die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez, was gemaklik voor voordat hy in ʼn draai gegly en van die baan af getol het.

1 Alex Rins (Suzuki)

2 Valentino Rossi (Yamaha)

3 Jack Miller (Ducati)

In die Moto2-afdeling kon Brad Binder nie die wedren voltooi nie terwyl Darryn Binder 15de in die Moto3-wedren was.

Rafael Nadal (Foto: Petr David Josek, AP)

Tennis

  • Rafael Nadal en Novak Djokovic sal dié week in die eerste kleibaan-toernooi van die seisoen in Monte Carlo in aksie wees.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Crystal Palace 1-3 Manchester City

Liverpool 2-0 Chelsea

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryd gister gespeel

Golden Arrows 1-1 AmaZulu

Bloemfontein Celtic 0-0 Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andreas ·

Tiger se wil en ingesteldheid is ‘n les vir almal om te leer, hy was teen die planke agv sy eie toedoen, maar dis net ‘n gebore kampioen wat na soveel terugslae met ‘n wil kan opstaan. het ons al ooit iemand met soveel derusettingsvermoë gesien, na al die jare wat jy vasgebyt het, in jouself geglo het dat jy dit weer kan doen? Tiger die wêreld het jou nodig, hy is pad terug na nommer 1. En hierdie een is verseker nog nie die laaste hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.