Vandag se sportnuus

Tiger Woods nadat hy die Amerikaanse Meesters gewen het. (Foto: Curtis Compton/Atlanta Journal-Constitution via AP)

Gholf

  • Ná die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, het Tiger Woods opgeskuif na die sesde plek op die wêreldranglys. Daar is ook ʼn nuwe no. 1.

1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Rory McIlroy
5 Justin Thomas
6 Tiger Woods
21 Louis Oosthuizen
44 Justin Harding
45 Branden Grace

Superrugby

  • Die Crusaders spog nou met ʼn voorsprong van 11 punte op die punteleer.

1 Crusaders 34
2 Bulls 23
3 Rebels 23
4 Hurricanes 23
5 Sharks 21
6 Blues 20
7 Jaguares 19
8 Stormers 18
9 Lions 18
10 Waratahs 16
11 Chiefs 16
12 Brumbies 15
13 Reds 14
14 Highlanders 14
15 Sunwolves 10

Die Blitsbokke het Fidji met 20-19 in ʼn dramatiese eindstryd verslaan. (Foto: Twitter via @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke is steeds vierde op die punteleer ná die Singapoer-been van die Wêreldreeks.

1 VSA 145
2 Fidji 142
3 Nieu-Seeland 130
4 Suid-Afrika 121
5 Engeland 107 

Pro14

  • In Konferensie A is die Glasgow Warriors die voorlopers op die punteleer terwyl die Cheetahs sesde is. In Konferensie B is Leinster voor met die Kings in die sesde posisie. 

Varsitybeker

  • Die eindstryd van die Varsitybeker is gisteraand op Stellenbosch gespeel. Maties en Tukkies het mekaar die stryd aangesê en dit was Maties wat gedomineer het en die wedstryd met 34 – 12 gewen het. Daarmee sluit Maties die seisoen onoorwonne af.
  • Die Young-guns se kampioene is Maties wat vir Pukke met 32 – 22 afgestof het. 
  • In die Koshuis-liga se eindstryd het Vishuis van Kovsies gepoog om vir ʼn vierde jaar in ʼn ry die titel op te raap toe hulle teen Patria van Pukke gespeel het. Die kampioenkoshuis is egter Patria van Pukke wat met 16 – 5 geseëvier het. 

Serwië se Novak Djokovic. (Foto: Christophe Ena, AP)

Tennis

  • By die Monte Carlo Meesters sal (1) Novak Djokovic vandag teen Philipp Kohlschreiber in aksie wees. 

          In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen saam met Joe Salisbury op die baan stap. 

Krieket

  • Die balpeuteraars Steve Smith en David Warner is albei ingesluit in die Aussies se groep vir die Wêreldbeker.
  • Suid-Afrika se span vir die wêreldbeker word Donderdag bekend gemaak.
  • In die plaaslike T20-reeks is die Cape Cobras die voorlopers op die punteleer.

1 Cape Cobras 13
2 Highveld Lions 11
3 Titans 9
4 Warriors 8
5 Dolphins 6
6 Knights 4

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Mumbai Indians klop die Royal Challengers met vyf paaltjies.

          Vandag speel die Kings XI Punjab om 16:30 teen die Rajasthan Royals. 

Mercedes se Lewis Hamilton van Brittanje word met sjampanje gespuit deur Ferrari se Sebastian Vettel van Duitsland gedurende die toekenningseremonie ná die Chinese Formule Een Grand Prix in Sjanghai. (Foto: Ng Han Guan/AP)

Motorwedrenne

  • Ná die Chinese Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton met ses punte voor op die punteleer.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 68
2 Valtteri Bottas (Mercedes) 62
3 Max Verstappen (Red Bull) 39
4 Sebastian Vettel (Ferrari) 37
5 Charles Leclerc (Ferrari) 36 

  • Ná die Amerikaanse Moto-GP in Austin is Andrea Dovizioso die voorloper op die punteleer.

1 Andrea Dovizioso (Ducati) 54
2 Valentino Rossi (Yamaha) 51
3 Alex Rins (Suzuki) 49
4 Marc Marquez (Honda) 45
5 Danilo Petrucci (Ducati) 30

In die Moto2-afdeling is Brad Binder 14de terwyl Darryn Binder tiende op die punteleer is in Moto3.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Watford 0 – 1 Arsenal

  • In Uefa se kampioeneliga word twee wedstryd vanaand gespeel.

Barcelona 21:00 Manchester United
Juventus 21:00 Ajax

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KKL ·

Ons is baie bevoorreg met ons sport die afgelope tyd om spelers soos Tendulkar, AB, Ponting, die Waugh Brothers, Warne, Pienaar, Smith, Lomu, die world cups, Schumaker, Vettel, Federer, Nadal, Mesi, Ronaldo (beide van hul)Woods, te kon sien compete, daai is net n paar. What a time to be alive

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.