Vandag se sportnuus

Rafael Nadal (Foto: Petr David Josek, AP)

Tennis

  • By die Monte Carlo Meesters het (1) Novak Djokovic vir Philipp Kohlschreiber in die ronde van 32 in drie stelle geklop. (7) Marin Cilic is deur die ongekeurde Guido Pella uitgeskakel. (2) Rafael Nadal speel vandag teen Roberto Bautista Agut. In die Dubbelspel is Suid-Afrika se (8) Raven Klaasen en Joe Salisbury deur Radu Albot en Nikoloz Basilashvili in drie stelle uitgeskakel.

Superrugby

  • Komende naweek word daar ses wedstryde gespeel.

Vrydag

Chiefs 09:35 Lions (Warren Whiteley is terug as die Lions se kaptein ná ʼn besering hom vir sewe weke op die kantlyn gehou het.)

Sunwolves 12:00 Hurricanes

Sharks 15:05 Reds (Bokstutte Coenie Oosthuizen en Beast Mtawarira is in die beginspan ingesluit.)

Saterdag

Highlanders 09:35 Blues

Waratahs 11:45 Rebels

Stormers 15:05 Brumbies

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks neem ʼn blaaskans tot aan die einde van Mei wanneer die laaste toernooie in Engeland en ʼn week later in Frankryk aan die beurt kom.

Pro14

  • Daar is komende naweek geen wedstryde in dié kompetisie geskeduleer nie.

Vrouerugby

  • Suid-Afrika sal vir die eerste keer in ses jaar op plaaslike bodem in toetse in aksie wees. Dit is wanneer Suid-Afrika in Oktober en November in twee toetse teen Skotland in Kaapstad speel.

Gholf

  • Hierdie week val die kollig in Amerika op die RBC Heritage Classic wat op Hilton Head in South Carolina gespeel word.
  • In die Europese reeks slaan die spelers môre af in die Trophee Hassan II-toernooi in Morokko.

Hashim Amla – die vinnigste kolwer tot by 7 000 lopies (Foto GB Jordaan)

Krieket

  • Suid-Afrika se span vir die wêreldbeker word môre bekend gemaak. Daar is veral vrae rondom die spelpeil van Hashim Amla asook Chris Morris se goeie vertoning in die IPL.
  • In die plaaslike T20-reeks is een wedstryd gister in Kaapstad gespeel.

Cape Cobras 150/5

Knights 145/7

Die Cape Cobras klop die Knights met 5 lopies.

Vandag speel die Dolphins om 18:00 teen die Warriors in Durban.

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Die Kings XI Punjab het die Rajasthan Royals met 12 lopies geklop.

          Vandag speel die Sunrisers Hyderabad om 16:30 teen die Chennai Super Kings.

Marathon

  • Die Twee Oseane Ultramarathon word komende Saterdag afgehandel. Daar is vanjaar ʼn ekstra R1 miljoen op die spel indien die bestaande rekord verbeter kan word.

Mercedes se Lewis Hamilton van Brittanje bestuur sy motor voor sy spanmaat Valtteri Bottas van Finland gedurende die Chinese Formule Een Grand Prix in Sjanghai. (Foto: Andy Wong/AP Photo)

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix-reeks se volgende byeenkoms vind op 28 April plaas wanneer die Azerbaidjan Grand Prix afgehandel word.

Olimpiese Spele

  • Die twee marathonne by aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Tokio sal reeds om 06:00 die oggend begin. Dié verandering in die program is gemaak op aanbeveling van dokters wat bekommerd is oor die invloed van die hitte op die hardlopers.

Sokker

  • In die UEFA-kampioeneliga is die twee tweedebeen-kwarteindstryde gisteraand gespeel. Barcelona en Ajax is deur na die halfeindstryd.

Barcelona 3–0 Manchester United

Juventus 1–2 Ajax

Die ander twee kwarteindstryde word vanaand afgehandel.

Porto 21:00 Liverpool

Manchester City 21:00 Tottenham Hotspur

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Mamelodi Sundowns 19:30 SuperSport United

Highlands Park 19:30 Free State Stars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.