Vandag se sportnuus

Rafael Nadal in aksie. (Argieffoto: Rebecca Blackwell, AP)

Tennis

  • By die Monte Carlo Meesters het (2) Rafael Nadal teen Roberto Bautista Agut te staan gekom en in twee stelle met 6 – 1 en 6 – 1 geseëvier. Daar was ook oorwinnings in die ronde van 32 vir (3) Alexander Zverev en (4) Dominic Thiem. (5) Kei Nishikori is egter in twee stelle deur Pierre-Hugues Herbert uitgeskakel.         

Superrugby

  • Die eerste skote klap reeds môre wanneer drie wedstryde gespeel word.

Vrydag

Chiefs 09:35 Lions (Brendon Pickerill van Nieu-Seeland is die skeidsregter)
Sunwolves 12:00 Hurricanes
Sharks 15:05 Reds (Argentinië se Federico Anselmi is die skeidsregter) 

Saterdag

Highlanders 09:35 Blues
Waratahs 11:45 Rebels
Stormers 15:05 Brumbies (Nieu-Seeland se Nick Briant hanteer die fluitjie)

Gholf

  • In Amerika slaan die spelers later vandag af in die RBC Heritage Classic wat op Hilton Head in South Carolina gespeel word. Die Suid-Afrikaners wat in aksie is, is Charl Schwartzel, Ernie Els, Branden Grace en Justin Harding.
  • In die Europese reeks slaan die spelers vanoggend af in die Trophee Hassan II-toernooi in Marokko. 

Kagiso Rabada. Foto: Cricinfo.

Krieket

  • Suid-Afrika se span vir die Wêreldbeker word vandag bekend gemaak. Faf du Plessis, Quinton de Kock, Rassie van der Dussen, David Miller en JP Duminy behoort as kolwers in die span te wees. Hashim Amla ding met Aiden Markram en Reeza Hendricks mee vir die ander twee kolfposisies.

Andile Phehlukwayo en Dwaine Pretorius sal heel waarskynlik die veelsydige    spelers wees met Imran Tahir en Tabraiz Shamsi die draaiers in die span.

Kagiso Rabada, Dale Steyn en Lungi Ngidi sal beslis as snelboulers ingesluit        word. Die ander snelbouler sal dan of Chris Morris of nuweling Anrich Nortje wees.

  • In die plaaslike T20-reeks is een wedstryd gister in Durban geskeduleer. Daar was egter geen uitslag in die wedstryd tussen die Dolphins en die Warriors nie as gevolg van reën.

Vandag speel die Highveld Lions (18:00) teen die Titans.

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga Sunrisers Hyderabad het die Chennai Super Kings met 6 paaltjies geklop.

          Vandag speel die Delhi Capitals om 16:30 teen Mumbai Indians. 

Caster Semenya. (Foto: Reg Caldecott / ANA)

Atletiek

  • Caster Semenya is deur Time as een van die 100 mees invloedryke mense van 2019 aangewys. Ander sportpersone op die lys sluit in LeBron James, Naomi Osaka en Tiger Woods. 

Marathon

  • Die Twee Oseane Ultra-marathon word komende Saterdag afgehandel. Die mans se rekord staan agter die naam van Thompson Magawana wat in 1988 ʼn tyd van 3:03:44 sekondes daargestel het. 

Sokker

  • In Uefa se kampioeneliga is die laaste twee tweedebeen‑kwarteindstryde gisteraand gespeel.

Porto 1 – 4 Liverpool (Liverpool is deur na die halfeind)
Manchester City 4 – 3 Tottenham Hotspur (Hotspur gaan deur na die halfeind)

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde afgehandel.

Mamelodi Sundowns 0 – 2 SuperSport United
Highlands Park 1 – 1 Free State Stars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.