Vandag se sportnuus

Grey Kollege het vir Paarl Boys’ High getroef. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Daar is ses Superrugbywedstryde die naweek gespeel en die Lions was die enigste SA span wat gewen het.

Hurricanes 22-12 Blues

Rebels 30-24 Reds

Crusaders 45-13 Bulls

Highlanders 32-27 Jaguares

Chiefs 29-23 Sharks

Lions 29-28 Waratahs

  • Grey Kollege het vir die eerste keer in ses jaar vir Paarl Boys’ High in Bloemfontein gewen. Die eindtelling was 43-24 in die Vrystaatse skool se guns, nadat hulle rustyd met 12 punte agter was.

Novak Djokovic vier sy sege in Madrid. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Quinton de Kock se Mumbai Indians is die wenners van die 2019 Indiese Premierliga, nadat hulle Faf du Plessis en Imran Tahir se Chennai Super Kings in ’n spannende eindstryd geklop het. Die Indians het die kragmeting uiteindelik met een lopie gewen.

Tennis:

  • Novak Djokovic is die koning van Spanje ná hy die Madrid Ope gewen het. Die 32-jarige het vir Stefanos Tsitsipas in skoonstelle met 6-3, 6-4 geklop om sy 33ste Meesterstitel te verower.

Motorsport:

  • Die Brit Lewis Hamilton het met die louere in Spanje weggejaag toe hy eerste oor die wenstreep by die Spaanse Grand Prix gery het. Sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, het die tweede plek verower.

Manchester City het die Engelse Premierliga gewen. Foto: Facebook.

Sokker:

  • Manchester City is die prinse van Engeland ná hulle Brighton met 4-1 geklop het. Hulle het met 98 punte op die punteleer geëindig, ’n enkele punt bo Liverpool in die tweede plek.
  • Banyana Banyana het met 3-0 teen VSA in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd verloor. Die Wêreldbeker begin op 7 Junie in Frankryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.