Rugby:
- Daar is ses Superrugbywedstryde die naweek gespeel en die Lions was die enigste SA span wat gewen het.
Hurricanes 22-12 Blues
Rebels 30-24 Reds
Crusaders 45-13 Bulls
Highlanders 32-27 Jaguares
Chiefs 29-23 Sharks
Lions 29-28 Waratahs
- Grey Kollege het vir die eerste keer in ses jaar vir Paarl Boys’ High in Bloemfontein gewen. Die eindtelling was 43-24 in die Vrystaatse skool se guns, nadat hulle rustyd met 12 punte agter was.
Krieket:
- Quinton de Kock se Mumbai Indians is die wenners van die 2019 Indiese Premierliga, nadat hulle Faf du Plessis en Imran Tahir se Chennai Super Kings in ’n spannende eindstryd geklop het. Die Indians het die kragmeting uiteindelik met een lopie gewen.
Tennis:
- Novak Djokovic is die koning van Spanje ná hy die Madrid Ope gewen het. Die 32-jarige het vir Stefanos Tsitsipas in skoonstelle met 6-3, 6-4 geklop om sy 33ste Meesterstitel te verower.
Motorsport:
- Die Brit Lewis Hamilton het met die louere in Spanje weggejaag toe hy eerste oor die wenstreep by die Spaanse Grand Prix gery het. Sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, het die tweede plek verower.
Sokker:
- Manchester City is die prinse van Engeland ná hulle Brighton met 4-1 geklop het. Hulle het met 98 punte op die punteleer geëindig, ’n enkele punt bo Liverpool in die tweede plek.
- Banyana Banyana het met 3-0 teen VSA in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd verloor. Die Wêreldbeker begin op 7 Junie in Frankryk.