Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohMotorwedrenne

Die Formule 1-seisoen vir 2017 skop die naweek af met die Australiese Formule 1 GP. Die wedren word in Melbourne gejaag en Ferrari is een van die vroeë gunstelinge saam met Mercedes.

En die MOTO GP-seisoen kom ook aan die gang met die Grand Prix van Katar wat Sondag plaaasvind. Valentino Rossi is een van die groot name om dop te hou.

Die Dakartydren vir 2018 sal in Lima, Peru, op 6 Januarie begin en twee weke later in Argentinië ten einde loop. Die 40ste weergawe van die tydren sal ook in Bolivië ʼn draai maak.

Tennis

By die Miami Ope het ʼn paar topspelers in die eerste ronde pak gekry. Dit sluit in

Eugenie Bouchard wat deur Ashleigh Barty met  6-4, 5-7 en 6-3 geklop is. Jelena Jankovic het ook pak gekry toe Yaroslava Shvedova baas was met 4-6, 6-4 en 7-6.

Davisbeker

Suid-Afrika se span vir die Davisbekerkragmeting teen Slowenië is onveranderd gelaat. Die kaptein, Marcos Ondruska, het die aankondiging gister gemaak met die oog op die kragmeting van 7 tot 9 April by die Irene Buiteklub. Die span bestaan uit Lloyd Harris, Nik Scholtz, Raven Klaasen, Ruan Roelofse en Tucker Vorster.

Gholf

By die Wêreldgholfkampioenskap se Putjiespeltoernooi in Austin, Texas, is die eerste ronde wedstryde voltooi. Van die uitslae lyk so:

Branden Grace       4 & 2  F         Andy Sullivan

Louis Oosthuizen  4 & 3  F         Ross Fisher

Charl Schwartzel   6 & 5  F         Byeong-Hun An

Rory McIlroy                                       Soren Kjeldsen        2 & 1

Jordan Spieth                                     Hideto Tanihara     4 & 2

Dustin Johnson           5 & 3  F         Webb Simpson

En in die Amerikaanse Gholfreeks slaan die spelers vandag af in die Puerto Rico Ope. Tyrone van Aswegen, Retief Goosen, Trevor Immelman en Rory Sabbatini sal hul staal toon.

Toetskrieket

Die derde toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland begin oormôre. Daar is egter sprake dat Quinton de Kock dalk die wedstryd kan misloop weens ʼn besering. Die Proteas loop met 1-0 voor in die reeks.

T20-krieket

Kom ons loer na vandag se laaste ronde wedstryde voor die uitspeelwedstryd wat Sondag gespeel word.

sport1

Internasionale Eendagkrieket

Afghanistan 220

Ierland 224/7

Ierland seëvier met 3 paaltjies.

Superrugby

Kom ons loer na die naweek se aksie wat môre begin:

sport2

Varsitybekerrugby

Maandag word die laaste stel rondomtalie wedstryde gespeel en die bepalings lyk so:

sport3

Sokker

Bafana Bafana het gister hul oefenwedstryd teen Golden Arrows met 1-0 gewen. Dit was ter voorbereiding van die vriendskaplike wedstryd Saterdag in Durban teen Guinee-Bissau. Die afskop is om 15:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.