Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Rugby:

  • Goeie nuus vir Stormers-ondersteuners is dat Pieter-Steph du Toit weer saam met die span begin oefen het. Die span se bestuur sal hoop dat die SA Rugbyspeler van die jaar gereed sal wees vir Saterdag se wedstryd teen die Crusaders. Intussen sal die slot JD Schickerling die wedstryd misloop – hy het sy hand teen die Jaguares beseer.

 

  • Ander Superrugby-bepalings vir die naweek: Bulls teen Rebels (Vrydag om 11:45); Lions teen Highlanders (Saterdag om 15:05); Stormers teen Crusaders (17:45).

Gholf:

Tiger Woods. Foto: Facebook.

  • Tiger Woods sal probeer om sy 16de Major-titel in te palm wanneer die PGA-kampioenskap later begin. Die 43-jarige Amerikaner kan weer as die wêreld se voorste speler gekroon word. Indien dit die geval is, sal hy die oudste speler in die sport se geskiedenis word om eerste op die wêreldranglys te wees.

 

  • Intussen word hy egter deur ’n hofsaak in die gesig gestaar nadat die ouers van een van sy restaurant-werknemers hom gedagvaar het. Die 24-jarige Nicholas Immesberger is verlede Desember in ’n dronkbestuurvoorval dood.

Immesberger – wat as ’n kroegman by The Woods in Florida gewerk het – se ouers voer aan dat Woods indirek vir hul seun se ongelukdood verantwoordelik is. Hulle sê dat die gholfster bewus was van hul seun se drankprobleem, maar dat restaurantpersoneel hom steeds op die aand van sy dood drank bedien het aan die einde van sy werkskof.

Immesberger se alkoholtelling was 0.256 – byna drie keer oor die wettige grens.

Tennis:

  • Amerika se Nicole Gibbs sal die Franse Ope misloop terwyl sy teen klierkanker veg. Sy gaan later vir ’n operasie in ’n poging om die kwaadaardige gewasse te laat verwyder. Sy sal egter poog om vir die Wimbledon-toernooi te kwalifiseer.

Varsitybeker-hokkie:

  • Tukkies se vrouespan is gister deur Maties uitgeskakel. Die Pretorianers was rustyd met 6-0 agter en het uiteindelik met 7-5 verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.