Vandag se sportnuus

Die Comrades-marathon. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Dit lyk asof Israel Folau se Australiese rugbyloopbaan iets van die verlede is nadat sy kontrak beëindig is. ’n Tugkomitee wat uit John West, Kate Eastman en John Boultbee bestaan, het die Wallabie-ster daaraan skuldig bevind dat sy gedrag op sosiale media die Aussies se gedragskode oortree het. (Lees binnekort meer hieroor op Maroela Media.)
  • Intussen het die Bulls se afrigter, Pote Human, gesê die Pretorianers moet vandag hul selfrespek teen die Rebels terugkry, ná hulle verlede week sleg teen die Crusaders op Loftus Versfeld verloor het.

“Ons is dit aan ons ondersteuners verskuldig om beter te vertoon, maar ons [as span] moet ook met meer dringendheid speel en wys dat ons die trofee wil wen.”

  • Malcolm Marx sal die Lions weer teen die Highlanders op Emirates Airline Park aanvoer, terwyl die Stormers hulle staal vir ’n Crusader-aanval op Nuweland.

Spanje se Ivan Cortina. Foto: Facebook.

Gholf:

  • Die verdedigende kampioen, Brooks Koepka, het die voortou geneem by die PGA-kampioenskap in Amerika. Koepka het ’n ronde van sewe houe onder die baansyfer gespeel.

Tiger Woods het gesukkel en ’n ronde van +2 gespeel. Suid-Afrika se Erik van Rooyen en Louis Oosthuizen was gesamentlik in die 17de plek.

Padwedlope:

  • Dit is nog net drie weke voor die Comrades-marathon op 9 Junie wegspring. Vanjaar se wedloop word van Durban na Pietermaritzburg gehou, maar organiseerders het aangedui dat twee agtereenvolgende “af-wedlope” in 2020 en in 2021 aangebied sal word om dié gewilde ultramarathon se eeufeesherdenking te vier.

Fietsry:

  • Spanje se Ivan Cortina het die vyfde skof van die Toer van Kalifornië gewen, maar Amerika se Tejay van Garderen dra steeds die geeltrui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KOBUS SMITH. ·

SATERDAGAAND 20H00 EN ONS LEES VRYDAG SE NUUS.
“NOT NICE”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.