Vandag se sportnuus

Israel Folau. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Israel Folau sal nie teen Rugby Australië se besluit appelleer nie. Die 30-jarige agterspeler is verlede week deur ʼn tugtribunaal daaraan skuldig bevind dat hy deur sy inskrywings op sosiale media die Australiese spelers se gedragskode oortree het. Sy kontrak is summier beëindig en hy het 72 uur kans gehad om teen die beslissing te appelleer. Hy het egter versuim om dit te doen.

 

  • Daar is ses Superrugby-wedstryde die naweek gespeel, met al drie Suid-Afrikaanse spanne wat aan die wenkant was. Die Stormers se gelykopuitslag teen die Crusaders is egter deur Marius Jonker se televisieskeidsregterblaps oorskadu toe hy beslis het dat daar ’n vorentoe-aangee in die aanloop tot Sevu Reece se drie was.

Stormers 19 – 19 Crusaders

Lions 38 – 29 Highlanders

Bulls 32 -17 Rebels

Jaguares 28 -20 Hurricanes

Blues 23 – 8 Chiefs

Waratahs 40 -32 Reds

Gholf:

  • Amerika se Brooks Koepka het gister sy tweede agtereenvolgende PGA Kampioenskap-titel verower toe hy ’n laat-aanslag deur Dustin Johnson afgeweer het.

Koepka het so byna sy voorsprong van sewe houe weggesmyt, maar het uiteindelik genoeg gedoen om ten spyte  van ’n ronde van 74 met twee houe te wen.

Erik van Rooyen was Suid-Afrika se voorste speler en hy het saam met Rory McIlroy en Adam Scott nege houe agter Koepka geëindig.

Spanje se Rafael Nadal (Foto: Rafael Nadal/Facebook)

Tennis:

  • Rafael Nadal het sy 34ste groot toernooi gewen toe hy vir Novak Djokovic in die eindstryd van die Italiaanse Ope ore aangesit het.

Die Spanjaard het die wêreld se no. 1-speler met 6-0, 4-6 en 6-1 geklop.

Krieket:

  • Die Pakistanse kolwer Asif Ali sal na verwagting terugkeer na sy tuisland ná die dood van sy dogter. Ali was saam met Pakistan in Engeland vir die eendagreeks tussen dié twee lande toe hy die nuus ontvang het dat sy dogter aan kanker oorlede is.

Engeland het gister die vyfde en laaste eendagwedstryd met 54 lopies op Headingley gewen om die reeks met                4-0 te beklink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moppie ·

Dis hoe n ware held optree en ni skaam is om vir Jesus op te staan ni baie geluk hoor

Valerie ·

Folau het volhou. Puik.

En wie ook al die berig probeer skryf het, ‘n 19-19 telling is nie ‘n wen telling nie. Dis redelik doodeenvoudig. Al drie SA spanne was bloot eenvoudig nie aan die wenkant nie.

En, asb., iemand raak tog nou ontslae van Marius Jonker. Hy raak weekliks ‘n groter verleenthied. Sug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.