Vandag se sportnuus

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Kamran Jebreili

Atletiek:

  • Caster Semenya gaan in ’n poging om die IAAF se testosteroon-regulasies vry te spring, aan die 3 000 m-vrouewedloop by die Prefontaine Classic-byeenkoms by die Stanford‑universiteit in Amerika deelneem.

Die IAAF het vroeër beslis dat vroulike atlete hul testosteroonvlakke moet beperk – veral as hulle aan items                 van  die 400 m tot die myl (1 600 m) deelneem.

Semenya het vantevore goud in die 1 500 m by die Statebondspele geproe, maar sy sal Juniemaand teen van die wêreld se beste 3 000 m-atlete te staan kom.

Rugby:

  • In ’n baanbreker-aanstelling is die voormalige Springbok-vrouespeler, Laurian Johannes, as die afrigter van die nasionale o. 20-vrouespan aangewys. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n vrou as die breier van ’n nasionale span aangewys is.

Beast Mtawarira. (Foto: GB Jordaan)

  • Die Blitsbokke se veteraan-spelskepper, Branco du Preez, sal die naweek die mees ervare Suid-Afrikaanse speler word wanneer Neil Powell se span die veld op Twickenham opdraf. Du Preez sal sy 70ste toernooi vir die nasionale sewesspan speel.
  • Intussen sal die Sharks sonder die dienste van Akker van der Merwe en Beast Mtawarira wees vir komende naweek se watertandontmoeting teen die Lions in Durban. Van der Merwe het las van ’n skouerbesering, terwyl Mtawarira steeds las van sy linkerknie het.

Krieket:

  • Die Protea-vrouespan sal vandag poog om die vierde T20-wedstryd op Willowmorepark in Benoni teen Pakistan te wen. Die besoekers loop tans 2 – 1 voor in die reeks van vyf wedstryde, ná hulle met vier paaltjies in Pietermaritzburg gewen het.

Die vyfde en laaste wedstryd word Donderdag ook in Benoni gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willue ·

Sy gaan teen ander vroue deelneem Willem, daar is nie n verbod op die 3000m geplaas nie. Baie onregverdig teenoor volwaardige vroue. Ek hoor Mr’s Balls Churney is haar nuwe borg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.