Vandag se sportnuus

Rugby:

  • Handré Pollard. Foto: Facebook.

    Die Bulls se kaptein en losskakel, Handré Pollard, sal die res van die Pretorianers se oorsese toer misloop. Die 25-jarige het sy kuit beseer en sal nie vir Vrydag se Brumbies-ontmoeting oorweeg word nie.

Met SA Rugby se ruskansbeleid sou hy in elk geval nie in die                Nieu-Seelandse wedstryde gespeel het nie. Wat beteken dat                  volgende maand se Bulls/Lions-stryd dalk sy laaste vir die unie            kan wees.

Sy kapteinskoene word Vrydag deur Duane Vermeulen gevul.

Bulls teen Brumbies: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Speckman,    Manie Libbok, Andre Warner, Duane Vermeulen (kaptein), Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, RG Snyman,              Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka.

Clinton Grobler. Foto: ANA.

Krieket:

  • Die Proteas se Wêreldbekerveldtog begin môre in alle erns wanneer hulle Sri Lanka in ’n opwarmingswedstryd in Cardiff aanvat. Die span se voorbereidingswerk het egter nie klopdisselboom verloop nie en Justin Ontong (die span se veldwerkafrigter) het oor hul oefenveld by die Cathedral School gekla.

 

  • Intussen het Suid-Afrika se vrouespan Pakistan met vier paaltjies in Benoni geklop. Die uitslag bring mee dat die reeks nou gelykop is met die beslissende wedstryd wat vandag gespeel word.

 Gholf:

  • Clinton Grobler is die voorloper van die PGA Nasionale Kampioenskap by die Durban Buiteklub. Grobler het rondes van 72 en 70 gespeel om met een hou voor te loop.

142 Clinton Grobler 72 70

143 Christo Roos 72 71; Ivano Ficalbi 72 71

144 Dean Nysschen 71 73

145 James Searson 75 70; Alrich Labuschagne 74 71

146 Henk Alberts 75 71; Gregory Jacobs 73 73

147 William Lake ZIM 76 71; Michael Michell 74 73

148 Alan Michell 75 73; Edwin Compton 72 76; Gregg Upton 71 77

150 Kenneth Dube 73 77

151 Ruben Labuschagne 80 71; Jannie Botha 77 74; Ben Fouchee 73 78

152 Keagan Beyer 81 71

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.