Vandag se sportnuus

Krieket:

  • Lizelle Lee. Foto: Cricinfo.

    Lizelle Lee se onoorwonne 75 het gesorg dat die Protea-vrouekrieketspan die laaste en beslissende T20-kragmeting in Benoni met nege paaltjies gewen het. Sodoende het die Suid-Afrikaners die reeks met 3-2 beklink.

  • Intussen het die tien kapteins gister bevestig dat Engeland die gunsteling is om vanjaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi in hul tuisland te wen. Aaron Finch (Australië) en Virat Kohli (Indië) glo dat die Engelse die sterkste aanspraakmakers op krieket se grootste kroon is, terwyl ’n diplomatiese Faf du Plessis gesê het dat die Proteas opgewonde is om in die nuwe toernooi te speel.

Rugby:

  • Die groot Suid-Afrikaanse derby vind dié naweek in Durban plaas waar die Sharks en die Lions mekaar die stryd aansê. Die Lions sal sonder Warren Whiteley en Malcolm Marx wees. Curwin Bosch sal weer die no. 10-trui vir die tuisspan dra.
  • Die Glasgow Warriors en Leinster speel môre in die eindstryd van die Pro14-reeks op Celtic-park. Die Kings en die Cheetahs het weer eens ’n minder goeie toernooi gehad.

Tennis:

  • Die loting van die Franse Ope op Roland Garros is só gedoen dat daar ’n moontlike watertandontmoeting tussen Roger Federer en Rafael Nadal in die halfeindstryd van dié gewilde toernooi wag. Die 37-jarige Federer was laas in 2015 hier in aksie.

Formule Een:

  • Die Monaco Grand Prix spring die naweek met brullende enjins weg. Mercedes se Lewis Hamilton en Valtteri Bottas het die vinigste tye in die kwalifiserende rondes opgestel en sal in die eerste en tweede plekke wegspring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kiskar ·

Teen wie het die vroue krieketspan gewen? En vind F1 kwalifisering nie eers op ‘n Saterdag plaas nie?? Swak verslaggewing!

Uiltjie ·

Ek wonder darem hoekom Ferrari so SWAK vaar die afgelope tien jaar. Is dit die enjins of die bestuurders?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.