Vandag se sportnuus

Hashim Amla. Foto: Cricinfo.

Krieket

  • Die eerste aflewering van vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland word Vrydag afgestuur, wanneer Suid-Afrika die gasheerland in die openingswedstryd aanvat.

 

Goeie nuus vir Protea-ondersteuners is dat Hashim Amla gister sy tweede agtereenvolgende  vyftigtal in die  opwarmingswedstryde geslaan het. Die kragmeting teen Wes-Indië het weliswaar uitgereën, maar Amla (51*)  het ’n goeie openingsvennootskap van 95 lopies  saam met Quinton de Kock (37*) geslaan.

Die wedstryd is ná 12.4 boulbeurte gestop.

 

  • In ander opwarmingswedstryde het Afghanistan vir Pakistan met drie paaltjies geklop; Australië het die gunstelingspan, Engeland, met 12 lopies getroef, terwyl Nieu-Seeland vir Indië met ses paaltjies ore aangesit het.

Tennis

  • Die Franse Ope het vir sy eerste opskudding op Roland Garros gesorg, toe die vyfde gekeurde Angelique Kerber deur Anastasia Potapova uitgeskakel is. Roger Federer het sy terugkeer tot Frankryk met ’n gemaklike sege oor Italië se Lorenzo Sanego gevier.

 

Roger Federer. Foto: Corinne Dubreuil / FFT

Van Dag Een se uitslae:

Anastasia Potapova 6-4 en 6-2 teen Angelique Kerber

Elino Svitolina 6-3 en 6-3 teen Venus Williams

Roger Federer 6-2, 6-4 en 6-4 teen Lorenzo Sanego

Sloane Stephens 6-3 en 7-6 teen Misaki Doi

Kei Nishikori 6-2, 6-3 en 6-4 Quentin Halys

Karolina Pliskova 6-2 en 6-3 Madison Brengle

Stefanos Tsitsipas 6-2, 6-2 en 7-6 teen Maximilian Marterer

Rugby

  • In die SuperSport Uitdaagreeks rook die Pumas die pyp in die Noordelike Afdeling van die kompetisie. Jimmy Stonehouse se troepe het juis die afgelope naweek met die Griekwas klaargespeel. Die telling was 37-28 in die Pumas se guns.

 

  • In die komende naweek se Superrugbywedstryde is die Bulls en Sharks teen oorsese spanne in aksie, terwyl die Lions die Stormers in die plaaslike derby pak.

          Bepalings:

Vrydag:

Bulls teen Blues (09:35)

Saterdag:

Sharks teen Hurricanes (15:05)

Lions teen Stormers (17:15)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.