Vandag se sportnuus

Lloyd Harris. Foto: Harris se Facebook-blad.

Tennis:

  • Dit het hom weliswaar twee en ʼn half uur geneem, maar Suid-Afrika se Lloyd Harris is deur na die tweede ronde van die Franse Ope op Roland Garros.

Die jong Suid-Afrikaner het die Tsjeggiese Republiek se Lukas Rasol in ’n titaniese stryd van vyf stelle met 6-1, 4-6, 2-6, 6-1 en 6-2 gewen.

Krieket:

  • Australië en Engeland was gister aan die wenkant in hul opwarmingswedstryde. Die Aussies het Sri Lanka met vyf paaltjies getroef, terwyl die Britte vir Afganistan met nege paaltjies gelooi het.

Vandag speel Indië teen Bangladesj, terwyl Nieu-Seeland vir Wes-Indië in die laaste van die opwarmingwedstryde pak.

  • Intussen sal die Wanderers-stadion in Johannesburg amptelik as ’n “fan park” vir van die Wêreldbekerwedstryde beskikbaar wees. Protea-ondersteuners kan dus hul span se vordering op die groot skerm by dié stadion volg.

Wedstryde wat op die Wanderers vertoon sal word:

30 Mei: Suid-Afrika teen Engeland

23 Junie: Suid-Afrika teen Pakistan

27 Junie: Suid-Afrika teen Sri Lanka

6 Julie: Suid-Afrika teen Australië

Die halfeindstryde en eindstryd sal ook gewys word.

Sewesrugby:

  • Cecil Afrika en Mfundo Ndhlovu is terug in die Blitsbokspan vir komende naweek se HSBC-sewestoernooi in Parys. Dié twee vervang die beseerde Kurt-Lee Arendse en Stedman Gans.

Vrouesokker:

  • Banyana Banyana speel die naweek in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen Noorweë. Hul eerste WB-kragmeting is op 8 Junie teen Spanje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.