Vandag se sportnuus

Gholf

Op die Wêreldgholfkampioenskap se putjiespeltoernooi in Austin, Texas, is die tweede ronde voltooi. Van die uitslae lyk so:

Jordan Spieth          4 & 2           Yuta Ikeda

Charl Schwartzel     4 & 3           Joost Luiten

Louis Oosthuizen                           Jim Furyk               3 & 2

Branden Grace                              William McGirt          2 & 1

En in die Amerikaanse Gholfreeks is die eerste ronde van die Puerto Rico Ope afgehandel.

Motorwedrenne

Die Australiese Formule 1 GP word Sondag in Melbourne gejaag. Die eerste oefenrondes sal vandag plaasvind met die kwalifisering wat môre afgehandel word.

Die Katar MOTO GP word ook Sondag gejaag. Dié wedren word onder spreiligte in Doha afgelê en is die eerste van 18 wedrenne dié seisoen.

Tennis

Op die Miami Ope het die tweede gekeurde Karolina Pliskova deurgedring na die derde ronde met ʼn 6-1 en 6-3 oorwinning oor Madison Brengle. Dominika Cibulkova klop vir Veronica Cepede Royg met 6-3 en 6-2.

Toetskrieket

Die derde toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland begin vanaand om 00:00 ons tyd in Hamilton. Die Proteas loop met 1-0 voor in die reeks. Die Swart Pette het ʼn reuse-terugslag beleef toe die snelboulers Tim Southee asook Trent Boult hulle op die vooraand van die toets weens beserings aan die span moes onttrek.

En môre begin die vierde toets tussen Indië en Australië in Dharmasala. Die reekstelling is tans een elk.

T20-krieket

Gister is drie wedstryde in die Momentum-eendagreeks gespeel:

Kingsmead, Durban

Dolphins      204     (49.4/50 bb)

Knights       207/9 (49.2/50 bb)

Knights wen met een paaltjie met vier balle oor.

SuperSport Park, Centurion

Cape Cobras   184     (44.5/50 bb)

Titans        185/4 (31.3/50 bb)

Titans wen met ses paaltjies met 111 balle oor.

St George’s Park, Port Elizabeth

Lions          154     (43.2/50 bb)

Warriors       123/4 (32 bb, teiken was 88 lopies)

Warriors wen met 36 lopies (D/L metode)

Superrugby

Kom ons loer na die naweek se aksie wat vanoggend begin:

 

  • Jan Serfontein sal sy 50ste wedstryd vir die Bulls speel.
  • Seabelo Senatla begin in sy eerste wedstryd vir die Stormers.
  • Warren Whiteley sal die Lions vir die 50ste keer aanvoer.
  • Die Cheetahs se Francois Venter sal sy terugkeer maak nadat ʼn enkelbesering hom op die kantlyn gehou het.

Sesnasiesrugby

Skotland se heelagter Stuart Hogg is vir die tweede keer in een jaar aangewys as die Sesnasies se speler van die jaar.

Sokker

Verskeie Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde is gister gespeel. In die Asië-afdeling lyk van die uitslae só:

China           1 – 0    Korea

Thailand        0 – 3    Saoedi-Arabië

Irak            1 – 1    Australië

En in Suid-Amerika was daar uitslae soos:

Peru            0 – 2    Brasilië

Argentinië     3 – 0    Colombia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.