Vandag se sportnuus

Raven Klaasen. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Die laaste twee opwarmingswedstryde vóór die aksie amptelik môre begin, is gister afgehandel.

Indië het vir Bangladesj met 95 lopies geklop, terwyl die Wes-Indiese Eilande vir Nieu-Seeland met 91 lopies getroef het. Die Windies het sterk met die kolf vertoon en ’n reusetelling van 421 lopies opgestapel.

  • Met Dale Steyn nie vir môre se Engeland-kragmeting beskikbaar nie, sal Kagiso Rabada en Lungi Ngidi die boulaanval lei.

Tennis:

  • Suid-Afrika se voorste dubbelstennisspeler, Raven Klaasen, en sy Nieu-Seelandse spanmaat, Michael Venus, het gister hul rieme by die Franse Ope styfgeloop. Die duo het in skoonstelle teen Roemenië se Marius Copil en Indië se Rohan Bopanna vasgeval. Die eindtelling was 6 – 3 en 7 – 6.

’n Gesamentlike 77 jaar se ervaring was ook gister op Roland‑Garros in aksie toe die 40-jarige Ivo Karlović die 37-jarige Feliciano López 7 – 6, 7 – 5, 6 – 7, 7 – 5 gewen het.

Die wêreld se voorste vrouespeler, Naomi Osaka, het ’n paar benoude oomblikke in haar kragmeting teen Anna Karolina Schmiedlová gehad. Sy het egter die wa deur die drif getrek om haar eersterondewedstryd 0 – 6, 7 – 6, 6 – 1 te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.