Vandag se sportnuus

Mthobisi Mozolo en sy spanmaat, Mxolisi Zondi. Foto: ANA.

Velddraf (trail running):

  • Een van Suid-Afrika se velddraf-sterre, Mthobisi Mzolo, is vandeesweek uit die hospitaal ontslaan ná hy vir drie maande in die hospitaal was nadat hy deur ’n swartmamba gepik is.

Mzolo het in die Februarie die Eston Trail Run gewen, maar is die volgende dag deur die mamba gepik terwyl hy sy oom se beeste opgepas het.

Tennis:

  • Roger Federer het na die volgende ronde van die Franse Ope deurgedring toe hy vir Oscar Otte geklop het.

Roger Federer 6 – 4, 6 – 3 en 6 – 4 teen Oscar Otte

Stan Wawrinka 6 – 1, 6 – 4 en 6 – 0 teen Christian Garin

Kei Nishikori 4 – 6, 6 – 4, 6 – 4 en 6 – 4 teen Jo-Wilfried Tsonga

Stefanos Tsitsipas 4 – 6, 6 – 0, 6 – 3 en 7 – 5 teen Hugo Dellien

Johanna Konta 6 – 3, 1 – 6, en 6 – 3 teen Louisa Davis

Sloane Stephens 6 – 1 en 7 – 6 teen Sara Sorribes Tormo

Krieket:

  • Daar word vandag ’n groen blad op die Oval verwag vir die openingswedstryd van die 2019‑Krieketwêreldbeker tussen Suid-Afrika en Engeland.

Die Britte se kaptein, Eoin Morgan, het aangedui dat sy span sonder enige beserings is en hulle het hul span reeds ’n dag vooraf aangekondig. Daarteenoor sukkel die Proteas om ’n geskikte plaasvervanger vir Dale Steyn te kry.

Die eerste aflewering word vanoggend om 11:30 afgestuur en die kragmeting word op SABC en SuperSport uitgesaai.

Engeland: Jason Roy, Jonny Bairstow, Joe Root, Eoin Morgan (kaptein), Jos Buttler (paaltjiewagter), Ben Stokes, Moeen Ali, Chris Woakes, Adil Rashid, Jofra Archer, Liam Plunkett/Mark Wood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.