Vandag se sportnuus

Die blitsige Jofra Archer het vir Hashim Amla teen sy kop raakgeboul. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die Proteas het hul eerste wedstryd in vanjaar se Wêreldbekertoernooi met 104 lopies teen Engeland op die Oval verloor.

Die span se boulers het goed gedoen om die gasheerland se sterk kolflys (wat al 481/6 teen Australië geslaan het) tot 311/8 te beperk.

Maar Ben Stokes (2/12 en ’n verstommende vangkans om van Andile Phehlukwayo op die grens ontslae te raak) en die opwindende oud-Windie, Jofra Archer (3/27), het amok onder die Protea-kolwers gemaak. Net Quinton de Kock (68) en Rassie van der Dussen (50) het enige weerstand gebied.

Dinge word ook nie makliker vir Faf du Plessis se span nie – hulle speel Sondag teen Bangladesj en Woensdag teen Indië.

  • Vandag speel Pakistan teen Wes-Indië.

Rugby:

  • Siya Kolisi (knie) en Pieter-Steph du Toit (skouer) sal nie beskikbaar wees vir Saterdag se Suid-Afrikaanse derby teen die Lions nie. Die Kapenaars sal weer deur Steven Kitshoff aangevoer word.
  • Die Bulls speel vanoggend (09:35) teen die Blues in Nieu-Seeland. Die Pretorianers sal deur Burger Odendaal aangevoer word.
  • Intussen is Freek Burger en Stefan Terblanche op die IRR se dissiplinêre komitee vir die komende Wêreldbeker in Japan.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris is gister deur Kroasië se Borna Coric geklop in die tweede ronde van die Franse Ope. Die telling was 6-2, 6-3 en 7-6 in Coric se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
SuperChokers

Proteas maak ons trots ROFL

Joes

Faf en kie, hoekom probeer julle ALTYD gaan vir die groot shots?? 142/4 maar ons gaan vir 6’e. Mindset van n o/12 C span.