Vandag se sportnuus

Die Ironman in Durban het weer ’n spul fikse mense getrek. Foto: Facebook.

Driekamp:

  • Daar is weer gister in Durban fietsgery, gehardloop en geswem tydens die Ironman 70.3 in dié stad. Rohan Meyer en Lauren Cannon was eerste oor die wenstreep.

Krieket:

  • Die Proteas het gister hulle tweede agtereenvolgende nederlaag by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Engeland gely, toe Bangladesj hulle met 21 lopies getroef het. Die Asiërs het 330/6 geslaan nadat Faf du Plessis hulle ingestuur het om te kolf. Die Proteas is daarna tot 309/8 beperk.
  • Die span speel Woensdag teen Indië in Southampton.
  • In vandag se aksie kom Engeland teen Pakistan te staan.

Tennis:

  • Daar wag ’n paar watertandontmoetings by die Franse Ope op Roland‑Garros.
  • Novak Djokovic kom teen Jan-Lennard Struff (vierde ronde) te staan, Fabio Fognini pak vir Alexander Zverev (vierde ronde), Dominic Thiem speel teen Gail Monfils (vierde ronde) en Karen Khachanov is in aksie teen Juan-Martin del Potro (vierde ronde).
  • In kwarteindaksie kom die meesters van Switserland teen mekaar te staan wanneer Stan Wawrinka vir Roger Federer pak.

Comrades:

  • Dit is Sondag Comrades-tyd wanneer die 94ste wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg wegspring.

Rugby:

  • Die Lions was die naweek die beste SA span op die veld toe hulle die Stormers 41 – 22 in Johannesburg geklop het. Vroeër het die Bulls (22 – 22) gelykop teen die Blues gespeel, terwyl die Sharks 17 – 30 teen die Hurricanes vasgeval het.
  • Die Blitsbokke het derde by die HSBC-toernooi in Parys geëindig toe hulle die VSA 24 – 7 in die bronsmedaljewedstryd geklop het.

Gholf:

  • Suid-Korea se Lee Jeong-eun is die wenner van die Amerikaanse Vroue Ope met haar rondes van 70, 69, 69 en 70.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.