Vandag se sportnuus

Die Comrades-marathon. Foto: Facebook.

Comrades:

  • Suid-Afrika se grootste ultramarathon word Sondag regstreeks op die SABC uitgesaai met meer as 25 000 deelnemers wat die roete van Durban na Pietermaritzburg sal aanpak.
  • Indien die veteraan-atleet Johan Oosthuizen die nuwe Robert Mtshali-medalje wen, sal hy die eerste drawwer word om ál die medaljes te wen. Oosthuizen spog reeds met ’n goue, silwer en Wally Hayward‑ en Bill Rowan‑medaljes.

Tennis:

  • Die groot kanonne van wêreldtennis sal hierdie naweek op alle silinders by die Franse Ope moet vuur met die eindstryde wat Saterdag en Sondag beslis word.
  • Gister het die wêreld se nommereen‑speler, Novak Djokovic, die vloer met Duitsland se Alexander Zverev gevee. Djokovic het 7 – 5, 6 – 2 en 6 – 2 gewen.
  • Hy speel vandag teen Dominic Thiem in die een halfeindstryd, terwyl die watertandontmoeting tussen Roger Federer en Rafael Nadal ook vandag op die kleibaan afspeel.
  • Daar sal ook die naweek ’n splinternuwe vrouekampioen gekroon word, nadat Simone Halep deur Amanda Anisimova uitgeskakel is.

Krieket:

  • Australië het gister ’n sterk Wes-Indiese span met 15 lopies geklop. Mitchell Starc se 5/46 het die wind uit die Windies se seile gehaal.
  • Die Proteas speel Maandag teen die einste eilandmanne in Southampton. Die Proteas is tans tweede laaste op die punteleer en móét hul komende wedstryde wen om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Rugby:

  • Die Bulls speel vanoggend teen die Highlanders in Nieu-Seeland, terwyl die Stormers, Lions en Sharks ook die naweek in Superrugby-aksie is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.