Vandag se sportnuus

Faf du Plessis en Ottis Gibson. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die Proteas sal vandag alles moontlik in die stryd werp om nie vier Wêreldbeker-wedstryde in ’n ry te verloor nie wanneer hulle vir Wes-Indië in Southampton aanvat.

Daar het verlede week nóg ’n bom gebars toe die nuus gebreek het dat AB de Villiers homself vir die internasionale toernooi beskikbaar gestel het; skaars 24 uur voordat die finale groep aangekondig is.

Intussen het Ottis Gibson (afrigter) gesê dat dit net die groep spelers wat in Engeland is, wat die span weer kan laat wen. “Ons kan soveel oor AB praat as wat ons wil, maar op die einde van die dag is hy nie hier nie en hy kan ons nie help nie. Net die spelers wat hier is, kan dinge omdraai.”

  • In gister se wedstryd het Indië vir Australië met 36 lopies geklop. Indië het eerste gekolf en 352/5 in hul toegelate 50 boulbeurte geslaan. Australië is daarna vir 316 uitgeknikker.

Comrades:

  • In gister se Comrades-marathon het Gerda Steyn die vroue-wedloop in ’n nuwe rekordtyd van 5:58:53 gewen, terwyl Edward Mothibi die manswedloop met sy tyd van 5:31:33 gewen het.

Tennis:

  • Rafael Nadal het gister op Roland Garros sy 12de Franse Ope-titel verower, toe hy Oostenryk se Dominic Thiem met 6-3, 5-7, 6-1 en 6-1 geklop het.

Formule 1:

  • In gister se Kanadese Grand Prix het Mercedes se Lewis Hamilton weer eens met die louere weggery, maar daar was hope drama.

Ferrari se Sebastian Vettel was eerste oor die wenstreep, maar vyf sekondes is by sy wentyd gevoeg omdat wedrenbeamptes gevoel het dat hy gevaarlik na die renbaan teruggekeer het nadat hy effens beheer verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rupert Ashford ·

Ai F1 is nie meer wat dit was nie. Wat gebeur met hulle kykersgetalle?

EKKE ·

Rupert, stem saam. Dis ‘n sirkus wat ‘n jaar lank aanhou en hom dan self herhaal die volgende jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.