Vandag se sportnuus

Faf du Plessis en Quinton de Kock. Foto: (AP Photo/Kirsty Wigglesworth)

Krieket:

  • Die Proteas het nou een ligapunt nadat hul wedstryd gister teen die Wes-Indiese Eilande weens reën afgelas is. Die wedstryd is ná slegs 7,3 boulbeurte afgelas met die Proteas wat op 29/2 gestaan het.

Die Proteas kom Saterdag teen Afganistan in Cardiff te staan.

  • Bangladesj en Sri Lanka pak mekaar vandag terwyl Australië en Pakistan Woensdag sake sal uitspook.

Atletiek:

  • Caster Semenya is in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorlopige groep vir die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se wêreldkampioenskap in Doha ingesluit.

Die federale hooggeregshof in Switserland het vroeër die maand die IAAF beveel om sy regulasies tydelik op te skort hangende die appèlsaak.

Kwagga Smith. Foto: Facebook.

Hokkie:

  • Suid-Afrika se manshokkiespan het Mexiko met 6-0 gewen in die FIH-reeks in Indië. Die span kom volgende teen Rusland te staan.

Rugby:

  • Die Junior Bokke kom Woensdag teen Nieu-Seeland te staan. Die span het Georgië die naweek met 48-20 geklop.
  • Kwagga Smith sal weens ʼn dyspierbesering nie weer dié seisoen vir die Leeus in die Superrugby-seisoen uitdraf nie.

Gholf:

  • Die Amerikaanse Ope-gholftoernooi begin Donderdag by Pebble Beach in Kalifornië.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sani ·

Hulle is seker bly dit het uitgereen , want Hulle sou in elkgeval verloor het .

Jan ·

Hulle praat van protia fire, daar is nie eens n spark nie. Behou gesig wat julle oor het en kom hius toe en verklaar dit n mislikking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.