Vandag se sportnuus

rugbybal-3.jpg

Argieffoto.

Rugby:

  • Chean Roux se Junior Springbokspan is gisteraand deur sy Franse eweknie in die halfeindstryd van die o.20 Wêreldbeker in Argentinië geklop. Die eindtelling was 20 – 7 in die Fransmanne se guns.

Suid-Afrika sal nou Saterdag in die bronsmedalje-wedstryd teen Argentinië te staan kom, terwyl Frankryk en Australië in die eindstryd sal kragte meet.

Puntemakers:

Suid-Afrika: Drie: Fezokuhle Mbatha. Doelskop: Jaden Hendrikse.

Frankryk: Drie: Jordan Joseph. Strafskoppe: Louis Carbonel (5).

  • By die naweek se Bondedag by die Hoërskool Bekker het die Blou Bulle se Cravenweekspan vir ietwat van ’n opskudding gesorg toe hulle die Cheetahs (wat met 17 spelers van Grey Kollege spog) met twee punte geklop het.

Uitslae:

Leeus 38 – 33

Pumas 50 – 21 Valke

Blou Bulle 40 – 38 Vrystaat

Limpopo Blou Bulle 38 -35 Leeus XV-tal

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson is weer op die wenpad toe hy Brittanje se Cameron Norrie in die eerste ronde van die Queen’s-klubkampioenskap geklop het.

Die 33-jarige Suid-Afrikaner het met 4-6, 7-6 en 6-4 gewen. Dit is sy eerste toernooi nadat hy ’n geruime tyd langs die baan met ’n elmboogbesering was.

Sokker:

  • Banyana Banyana se Wêreldbeker-veldtog is iets van die verlede toe hulle met 4-0 teen Duitsland verloor het.

Krieket:

  • Die wêreld se voorste veelsydige speler, Bangladesj se Shakib Al Hasan, se onoorwonne honderdtal het gister gesorg dat die Tiere vir Wes-Indië met sewe paaltjies in hul Wêreldbeker-wedstryd op Taunton ore aangesit het.
  • Die Windies het eerste gekolf en 321/8 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken, waarna Bangladesj die wenlopies binne 42 boulbeurte geslaan het.
  • Die Proteas speel môre in nóg ’n moet-wen-wedstryd teen Nieu-Seeland. Goeie nuus is dat Lungi Ngidi definitief gereed vir die wedstryd sal wees nadat hy sy dyspier teen Bangladesj beseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.