Vandag se sportnuus

Roger Federer. Foto: AP Photo/Alastair Grant.

Tennis:

  • Wanneer die eerste salvo’s van vanjaar se Wimbledon-tennistoernooi afgevuur word, sal Roger Federer weer eens alles in die stryd werp om met die louere weg te stap.

Die Switserse ster word 38 jaar oud in Augustus, maar hy is steeds die koning van die Grasbaan. Indien hy vanjaar se toernooi wen, sal dit sy negende titel wees.

Die Suid-Afrikaanse aanslag word deur Kevin Anderson gelei. Hy het juis verlede jaar die einste Federer in ’n pragvertoning uitgeskakel.

Die aksie begin op 1 Julie, met die manseindstryd wat op 14 Julie gespeel word.

Krieket:

  • Bangladesj se Shakib Al Hasan het gister slegs die tweede speler in Wêreldbeker-geskiedenis geword om ’n vyftigtal te slaan én vyf paaltjies in een wedstryd te neem toe die Tiere vir Afganistan met 62 lopies getroef het.

Al Hasan se 51 lopies het tot Bangladesj se 262/7 in 50 boulbeurte bygedra en hy het daarna 5/29 in sy 10 boulbeurte geneem. Die ander speler wat dié prestasie vermag het, is Indië se Yvraj Singh.

  • Vergeet maar vir eers van die Reeks om die As, want vandag speel Engeland teen Australië op Lord’s. Dié twee spanne is van die voorste aanspraakmakers om met die WB-silwerware weg te stap. Die aksie begin om 11:30.
  • Die Proteas speel hul tweede laaste wedstryd van die toernooi Vrydag teen Sri Lanka.

Sokker:

  • Op die sokkerveld het Bafana Bafana sy openingswedstryd van die Afrikanasiesbeker teen Ivoorkus verloor. Die eindtelling was 1-0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.