Vandag se sportnuus

Eoin Morgan is vir vier lopies deur Mitchell Stark uitgeknikker. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die voormalige Engelse ster, Kevin Pietersen, het weer eens amok op sosiale media gemaak toe hy op sy Twitter-rekening geskryf het dat Eoin Morgan (Engeland se eendagkaptein) dalk bang is vir die bal.

 

Engeland het gister op Lord’s sy tweede agtereenvolgende nederlaag in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gely toe Australië hom met 64 lopies getroef het.

 

Veral die Aussies se snelboulers, met Mitchell Starc (4/43) en Jason Behrendorff (5/44) voor in die koor, het onder die tuisspan se kolwers gemaai.

 

Pietersen was veral krities oor Morgan se vertoning met die kolf.

 

“Engeland se kaptein wat ’n tree na regby gee toe Mitchell Starc sy eerste bal na hom geboul het, het my laat dink dat Engeland dalk ’n probleem of twee oor die volgende week gaan hê. Ek het lanklaas ’n internasionale kaptein gesien wat sy swakhede so duidelik ten toon stel,” het Pietersen geskryf.

 

Toe Morgan in die nuuskonferensie oor Pietersen se twiet gepols word, het hy gesê dit is hoegenaamd nie die geval nie.

 

“Is dit wat hy gesê het? Ek het hoegenaamd nie só gevoel nie,” het Morgan gesê.

 

Pietersen het vroeër op Instagram gesê dat Suid-Afrika sy oudspelers moet betrek om weer ’n krag in wêreldkrieket te word.

 

  • Vandag speel Pakistan en Nieu-Seeland teen mekaar. Die aksie begin om 11:30.

Roei:

  • Suid-Afrika het ’n sterk span gekies vir die Wêreldroeikampioenskap in Sjina. Die groep sal deur wêreldkampioene Andy Birkett en Hank McGregor gelei word.
  • Die internasionale skouspel is 17-20 Oktober.

Rugby:

  • Suid-Afrika se o. 20-vrouerugbyspan speel vandag teen Zimbabwe. Die wedstryd begin om 15:30 by Prince Edward School.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.