Vandag se sportnuus

Kevin Anderson (Foto: Wimbledon, Twitter)

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson is die vierde gekeurde mansspeler by vanjaar se Wimbledon-toernooi in Engeland. Anderson het verlede jaar die eindstryd gehaal.

Roger Federer is tweede gekeur, met die wêreldnommereen, Novak Djokovic, die voorste speler. Rafael Nadal is derde op die Wimbledon-ranglys.

Mans:

  1. Novak Djokovic
  2. Roger Federer
  3. Rafael Nadal
  4. Kevin Anderson
  5. Dominic Thiem
  6. Alexander Zverev
  7. Stefanos Tsitsipas
  8. Kei Nishikori
  9. John Isner
  10. Karen Khachanov

Vroue:

  1. Ashleigh Barty
  2. Naomi Osaka
  3. Karolina Plisova
  4. Kiki Bertens
  5. Angeqlique Kerber
  6. Petra Kvitova
  7. Simona Halep
  8. Elina Svitolina
  9. Sloane Stephens
  10. Aryna Sabalenko

Eoin Morgan is vir vier lopies deur Australië se Mitchell Starc uitgeknikker. Foto: Cricinfo.

Die eerste afslaan word Maandag afgestuur.

Krieket:

  • Pakistan het hul halfeindstryd-drome lewend gehou toe hulle gister op Edgbaston vir Nieu-Seeland met ses paaltjies getroef het. Babar Azam het ’n onoorwonne 101 geslaan.
  • Een van Suid-Afrika se beste kapteins en administrateurs, Ali Bacher, het gesê die Proteas se lang kolfstert is een van die redes vir hul swak vertoning. Die Proteas is die tweede swkaste span – naas Afganistan – by vanjaar se toernooi.
  • Hoe die punteleer tans lyk:
  1. Australië
  2. Nieu-Seeland
  3. Indië
  4. Engeland
  5. Bangladesj
  6. Pakistan
  7. Sri Lanka
  8. Wes-Indië
  9. Suid-Afrika
  10. Afganistan

Rugby:

  • Die Westelike Provinsie se o.16-span het gister nog ’n sterk vertoning by die Grant Khomo-week gelewer. Hulle het die Vrystaatse Cheetahs 44-16 ore aangesit.

Limpopo Blou Bulle 26-7 Pumas XV-tal

Zimbabwe 10-0 Grens Platteland

SA Iqhawe 23-20 Namibië

Grens 13-8 Griffons

Luiperds 22-19 Valke

SWD 20-20 Haaie

Leeus 29-17 Oostelike Provinsie

Boland 30-20 Griekwas

WP 44-16 Griekwas

Blou Bulle 38-17 Pumas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

“Een van Suid Afrika se beste kapteins en administrateurs, Ali Bacher” het ‘n baie prominente rol gespeel in die huidige “kwaliteit” van SA krieket.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.